Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Uit Die Stof
Uit Die Stof
Uit Die Stof
Ebook415 pages9 hours

Uit Die Stof

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Afrikaanse spanningsverhaal: Die jare 1991-92 is bes moontlik die mees betekenisvolle tydperk in Suid-Afrika se geskiedenis. Die apartheidswette word geskrap. alle politieke gevangenis word vrygelaat, selfs die sogenaamde terroriste, en geen politieke party is meer verban nie, nie eens die gehate swart of gevreesde Kommunistiese partye nie. Verteenwoordigend van die belangrikste politieke partye, in Desember 1991 begin die Konvensie vir Demokratiese Suid-Afrika met onderhandelings en die die doel is om ’n nuwe politieke dispensasie te beding en ’n grondwet wat sal lei tot vrye demokratiese verkiesings.
Toe die Nasionale Party regering vroeg in 1992 nog weier om magsdeling te bespreek stap die ANC uit. Die ganse wêreld is in rep en roer. Die Amerikaanse president wat aansien probeer wen vir die komende verkiesing in November stuur sy minister van buitelandse sake William Caldwell om die onderhandelings weer op dreef te kry en ’n einde te maak aan apartheid. Kort na sy aankoms word die minister egter deur die polisie op diens by die hotel ontvoer. Wanneer die polisie se liggame in ’n verlate steengroef gevind word is die minister skoonveld.
Kommisaris van polisie generaal Pine Pienaar kan nie begryp waarom niemand na vore kom om eise te stel nie en hy stel vir kolonel Blits Viljoen aan om die minister op te spoor. Intussen beveel die Amerikaanse president die Indiese Oseaan vloot, onder andere ’n vliegdekskip met meer vegvliegtuie as wat Suid-Afrika besit, om vanaf die eiland Diego Garcia na Suid-Afrikaanse waters te vaar. Vir Blits word dit gou duidelik dat talle ander agente van eie geledere en van die vele Amerikaanse agentskappe ook nou op plaaslike bodem bedrywig is en dit word naderhand ’n geval van wie kan jy vertrou? Pine kom ook agter dat daar ’n mol in die polisie is wat inligting uitlek. Die vraag is of die mol inligting aan die verregses of die links-gesindes lek, of aan beide? Intussen kom Caldwell se predikant broer en aantreklike dogter Anne hier aan op soek na antwoorde en krap gemoedere om.
Wanneer Amerikaanse vegvliegtuie op en af teen die grens met Mosambiek vlieg raak die land paniekbevange. Die vlamme van burgeroorlog brand al hoër as gewapende magte van beide die verregse Afrikaner Herenigde-Orde (AHO) en die Pan African Liberation Movement (Palm) saamtrekke hou. Dit is in hierdie moord-kuile wat blits moet ingaan op soek na leidrade. ’n Noodtoestand word afgekondig deur ’n kabinet wat skerp verdeeld is tussen verkramptes en verligtes. Pine bots met sy verkrampte minister as die eise stel wat Pine weier om uit te voer.
Blits stel uiteindelik vas dat Johanna Pretorius, leier van AHO, die Heks van die Waterberg vir Caldwell in die droogte geteisterde bosveld aanhou. Eienaardig genoeg kan of wil haar seun wat tweede in bevel van AHO is nie vir Blits vertel waarom sy hom aanhou nie. Terwyl Pine die mol in eie geledere moet uitsnuffel verskuif Blits se soektog dus na die Waterberg. wanneer hy die boomhuis op ’n verlate bosveld plaas vind waar Caldwell aangehou was, is Caldwell en die Heks egter skoonveld. Vir die wêreld se kykers beskryf CNN onder watter haglike omstandighede Caldwell aangehou word.
Toe daar aangekondig word dat die leier van die ANC ’n perskonferensie by die Amerikaanse ambassade in Pretoria gaan hou doen gerugte die rondte dat die Amerikaanse regering se Marines en vegvliegtuie die ANC gaan help om die land met mag oor te neem. Dit word gestaaf deur die nuus dat Stealth vliegtuie in Kenya geland het en dat die Amerikaanse Indiese vloot met onder andere ’n skip met Marines teenoor die Natalse kus aangekom het en dat hulle gereed maak om die land binne te val. Nou is die vraag of Blits Caldwell en die Heks betyds sal opspoor om a karastrofe te verhoed? Of kan ’n nuwe lewe dalk uit die stof verrys?

LanguageAfrikaans
PublisherFrederic Roux
Release dateDec 18, 2012
ISBN9781301784271
Uit Die Stof

Read more from Frederic Roux

Related to Uit Die Stof

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Uit Die Stof

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Uit Die Stof - Frederic Roux

    Suid-Afrika.

    Die jare 1991/92 is bes moontlik die mees betekenisvolle tydperk in Suid-Afrika se geskiedenis. Die apartheidswette word geskrap. Alle politieke gevangenis word vrygelaat, selfs sogenaamde terroriste. Verder is geen politieke party meer verban nie, nie eens die gehate swart of gevreesde kommunistiese partye nie.

    ***

    Wêreld-Handelsentrum, Kempton Park.

    Op 20 Desember 1991 begin die Konvensie vir Demokratiese Suid-Afrika (Kodesa) met onderhandelings: die doel, om ’n nuwe politieke dispensasie vir Suid-Afrika te beding, en ’n grondwet wat sal lei tot vrye demokratiese verkiesings. Om die tafel sit verteenwoordigers van die regering (Nasionale Party), die ANC (African National Congress), nog 13 politieke partye, en die owerhede van die vier onafhanklike TVBC state.

    Etlike kleiner partye, verregses soos KP, HNP en AWB, asook verlinkses soos PAC en Azapo, het egter uitnodigings van die hand gewys.

    Nietemin, die jaar 1992 begin op ’n hoë noot nadat Kodesa ’n verklaring van voorneme aanvaar het:

    Om ’n verenigde staat n ate streef met gemene burgerskap vir almal ongeag ras, velkleur, geslag of geloof, waar almal vryheid, gelyke regte en veiligheid kan geniet; ’n staat vry van apartheid of enige ander vorm van diskriminasie of oorheersing.

    Oor die volgende vyf maande is die netelige kwessie van meerderheidsregering seker dié belangrikste item op die sakelys. Maar as ooreenstemming nie bereik word nie het dit ’n Jung se sinchronisme tot gevolg.

    ***

    Atlanta, V.S.A.

    "From CNN International … This is world news with Patricia Comely at CNN Centre … Hello and welcome … In the news at this hour … The African National Congress has walked out of the negotiations for a new political dispensation for South Africa that would bring an end to apartheid … and … Snipers kill Sarajevo children on a refugee bus … This follows the withdrawal of the United Nations protection force from Sarajevo three months ago.

    "But first … In South Africa multiparty negotiations commenced six months ago to seek an end to apartheid and a peaceful settlement to the struggle for democracy. In March last year a referendum among white South Africans gave President De Klerk a mandate to commence negotiations with the black parties for a new political dispensation that would lead to free elections … But negotiations were curtailed when the African National Congress walked out … Anton Marino joins us from Johannesburg … Hello Anton … What can you tell us?"

    "Good afternoon Patricia … I am speaking to you from the World Trade Centre … In a dramatic move that could threaten the peace process in southern Africa, the African National Congress has walked out of the multiparty negotiations …"

    ***

    New York, Londen, Addis Abeba, Johannesburg.

    Oral, maar in besonder by die Verenigde Nasies in New York, die Statebond se sekretariaat in Londen, en die Organisasie van Afrika-Eenheid in Addis Abeba, word hierdie verwikkelings druk bespreek. Almal stuur sendings na Suid-Afrika in ’n poging om onderhandelings weer op dreef te kry.

    Die regerende party se voorstelle behels ’n federale stelsel van regering, terwyl die ANC op meerderheidsregering aandring. Die ANC insisteer dat die apartheid regime nie bereid om af te sien van sy magsposisie nie. Derhalwe weier hulle om terug te keer na die onderhandelingstafel.

    ***

    Washington, D.C.

    In Amerika is die president gewikkel in ’n politieke stryd om oorlewing vir ’n tweede termyn. Met minder as ses maande om te gaan tot die November verkiesing loop hy, volgens die jongste meningspeilings, ver agter sy teenstander.

    Om stemme te werf, veral onder Afro-American kiesers stuur hy sy minister van buitelandse sake William G. Caldwell na Suid-Afrika met die opdrag om die onderhandelings weer op dreef te kry en ’n einde te maak aan apartheid. Sy aankondiging en die nuus dat die Black Caucus in die Amerikaanse Kongres dit verwelkom stoot sy posisie in die presidensiële wedloop op met twee punte.

    Kort na dié aankondiging kom twee mans in ’n ander deel van die stad vir aandete byeen. Tony’s Restourant is gehuisves in ’n statige ou woonhuis in Georgetown wat sinvol omskep was sonder om enige van die historiese waardes te skaad. Onder Tony se wakende oog is die kos en diens van die hoogste standaard. Die privaat kamers is ook uiters geskik vir klandestien samesprekings, ’n alledaagse gebeurtenis in Washington. En dit is juis waarmee dié twee besig is.

    ***

    Pretoria.

    Om ’n tafel in Wachthuis, Pretoria sit drie senior polisie offisiere, die onderwerp van bespreking die veiligheid van die besoekende Amerikaanse minister van buitelandse sake (of te wel Secretary of State). Hulle is generaal-majoor Nic Stemmet, hoof van die uniform-afdeling, waaronder die onluste- en wag-eenhede val, generaal-majoor Pine Pienaar, hoof van die speurdiens, en generaal-majoor Floors Hattingh, hoof van die veiligheidspolisie. Op uitnodiging woon brigadier Hennie Davel, hoof van onluste-eenheid, en brigadier Nigel van Achtenberg, hoof van die wag-eenheid, ook die vergadering by.

    Sedert Henry Kissinger se besoek in 1976, eertydse voorganger van William Caldwell, is laasgenoemde die mees hooggeplaaste Amerikaner om hierdie land te besoek. Almal om die tafel onthou nog goed hoe swaar gewapende troepe en pantsermotors die pad van Waterkloof Lugmagbasis tot by die hotel regoor Burgerspark bewaak het. Nou is hulle dit egter eens, met ’n glimlag, anders as met Kissinger se besoek is die teenwoordigheid van troepe nie nodig is nie.

    Hulle neem ook kennis dat kolonel Gert Visser van die wag-eenheid in bevel van veiligheid binne die hotel sal wees; en hy sal ook dien as skakel met die Amerikaanse geheime diens.

    ***

    Hoofstuk 1

    Sondag: In Die Lugruim Êrens Bokant Suidelike Afrika.

    William G. Caldwell loer deur die ruit na onder. Die laaste paar minute het die Boeing geleidelik van 36,000 na 20,000 voet gesak en nou kan hy die landskap redelik duidelik sien. Vanuit hierdie hoogte stem die suidwestelike deel van Afrika nogal verbasend ooreen met dié van die Lone Star State dink hy.

    En as dit hom met verlange aan sy plaas in Texas herinner, borrel daar meteens ’n gevoel op wat hy al lank onderdruk maar wat in die laaste tyd al hoe meer na vore kom. Hy was nog altyd versot op rondreis en om mense te ontmoet, maar hy begin moeg raak vir die gejaagde lewe. Elke konflik wat hy moet oplos is oënskynlik ’n hopelose saak, want in elke konflik is daar ’n etniese magstryd om ras, geloof, kultuur wat sonder uitsondering met ’n swaard gehandhaaf word.

    En tog, hoe dikwels baan ’n pen eerder as ’n swaard nie die weg vir veranderings nie, al word dit dalk deurgevoer met ’n swaard. Die beste voorbeelde hiervan waaraan hy kan aan dink is Regter Samuel Sewall se boek The Selling of Joseph, die eerste pleidooi dat slawerny in Amerika verban moet word; Adam Smith se Wealth of Nations, waarin hy Calvyn se idee van kapitalisme aangepas en uiteengesit het; en die Communist Manifesto deur Karl Marx en Friedrich Engels.

    Geesdriftige dissipels het die boodskap van hierdie nuwe ideologieë voortgedra wat duisende gelok het om by hulle aan te sluit. In beide eers- en laasgenoemde gevalle het die swaard ’n groot rol gespeel om dit deur te voer.

    Maar ’n gety wat uitgaan kom altyd weer in, dink William, al moet dit wag vir die nuwe maan om weer maksimale hoogte te bereik. En nou oornag, met die verbrokkeling van kommunisme en die val van die Berlyn muur, is die gevaar van globale konflik nie meer ’n prioriteit nie.

    Net hier waar kolonialiste die streek reeds vir drie eeue oorheers kleef ’n handjie vol Afrikaners met hulle apartheid beleid aan hul magsposisie. En teenoor hulle staan die meerderheid van ’n onderdrukte bevolking wat nou self deel wil wees van die mag.

    Eie aan so ’n etniese magstryd het die ineenstorting van die onderhandelings nou uitgeloop op massa geweld en vreesaanjaging. Kenmerkend van so ’n geskil is dat die handhawing van aansien sentraal is vir enige hervatting van die onderhandelings. Want in die oë van hulle volgelinge kan nie een van die twee partye as té toegewend voorkom nie, anders kan dit die indruk skep dat hulle hul doel verloën het.

    ’n Statiese kraakgeluid gevolg deur ’n stem skud William wakker uit sy drome. "We are about to land at Waterkloof Air Force Base. Please fasten your seatbelts."

    Waterkloof Lugmagbasis, net buite Pretoria, eweknie van Andrews Lugmagbasis in Washington D.C.

    ***

    Hoofstuk 2

    Sondag: Waterkloof Lugmagbasis: Pretoria.

    As die vliegtuig se wiele met ’n harde stamp met die teer kontak maak loer William vir die laaste keer deur die ruit. Buite voor ’n vliegtuig loods herken hy twee omskepte Daussalt Mirage vegvliegtuie.

    Wanneer hy op die platform uitstap is hy verplig om sy oë in die helder sonlig te knip. Al het hy voor die tyd gewas en ’n skoon hemp aangetrek voel sy liggaam nogtans taai. Dit geld vir enigeen wat vir sestien uur lank gevlieg het.

    Hy glimlag breed as hy die trappe na benede gaan.

    Onder wag ’n lang frisgeboude man met ’n ronde gesig, swart hare en ’n netjiese snor hom in. Andries de Wet, minister van buitelandse sake, William se eweknie in die Suid-Afrikaanse regering, en kleinseun van ’n beroemde Boere Generaal in die oorlog teen die Britse koloniale magte ’n eeu gelede.

    Dit val William by dat hulle eenkeer amptelik in sy kantoor in Washington ontmoet het, en weer by die VN kantore in New York. Hulle het mekaar ook ’n paar keer informeel by funksies in Washington raakgeloop.

    Welkom in Suid-Afrika, meneer Caldwell, sê Dries terwyl hy die uitgestrekte hand skud.

    Skuins agter Dries staan ’n lang swart man en William tree dadelik nader en steek sy hand uit. Meneer Sandile, ek waardeer dit dat jy die tyd kon afstaan om my te ontmoet.

    Dis goed om jou weer te sien, my vriend, antwoord Joshua Sandile. Ons, die volk, heet jou welkom in ons skone land.

    Dankie.

    Ek kan jou verseker, sê Sandile, terwyl hy William se hand nog steeds vashou, dat ons dankbaar is dat jy gekom het. Dit grief my egter dat dit onder sulke omstandighede moet wees.

    Nou ja, ons sal ons bes probeer om die verskille by te lê, antwoord William terwyl hy vlugtig na Dries kyk.

    Daar is geen twyfel aan wie se kant jy is nie, dink Dries terwyl hy sy ampsgenoot glimlaggend dophou.

    Intussen wend William hom na die Amerikaanse Ambassadeur. Jim, dis goed om jou weer te sien.

    Jy lyk goed William … soos altyd. Het jy ’n goeie reis gehad? Jim Kendall ag sy minister hoog. Alhoewel hy ’n paar jaar jonger as William is, is Jim ook ’n boorling van Texas en het hy dieselfde paadjie as William geloop – prokureur, publieke aanklaer, politikus en wetgewer, en uiteindelik gesant.

    Redelik. Dis ’n lang pad.

    Terwyl hulle na die motors stap kyk William rond. Geen formele verwelkoming is gereël nie want hy wil doelbewus ’n lae profiel handhaaf om nie die Afrikane aanstoot te gee nie. Daar sal ook geen amptelike banket wees nie.

    Moenie bekommerd wees nie, sê Jim toe hy oplet dat William na die televisiekamera kyk, geen onderhoud is gereël nie. Anton Marino van CNN het egter gevra of hulle jou aankoms mag verfilm. Dries het geen beswaar gehad nie … toe het ek ingestem.

    Geen probleem nie, sê William terwyl hy na die kamera waai. Die Amerikaanse president sal dit waardeer, aangesien dit die kykers tuis sal beïndruk. Hoe vorder die bouwerk aan die nuwe Ambassade?

    Op skedule. Dit sal volgende jaar betyds klaar wees.

    Ek is bly om dit te hoor. William draai terug na Dries en Joshua wat agter hulle stap. Nogmaals dankie dat julle my ontmoet het. Ons sien mekaar môre. Dan klim hy in die lang swart limousine.

    ***

    Hoofstuk 3

    Sondag: Waterkloof Lugmagbasis: Pretoria.

    Terwyl hulle die motor dophou as dit wegtrek sê Dries vir Joshua. Het jou nasionale uitvoerende raad al die onlangse fonds van ’n wapenopslagplek bespreek?

    Nog nie. Ons sakelys is baie vol. Maar ons het ’n span na Natal gestuur om op die saak in te gaan. Sodra hulle terugrapporteer sal ons dit bespreek. Vir ’n oomblik staar hy ingedagte in die verte. Nietemin, ek kan jou verseker dit was nie gedoen met die wete of goedkeuring van my uitvoerende raad nie.

    Daaraan het ek geen twyfel nie.

    Baie van jou kollegas dink so.

    Glo my, niemand in die Kabinet dink dat jou uitvoerende raad enigiets hiermee te doen gehad het nie.

    Die aanmerkings wat jou kollega, die minister van wet en orde, op televisie gemaak het was nie eintlik gerusstellend nie. Dit het baie van my raadslede ontstel en hulle verlang ’n verduideliking.

    Soos ek jou al vantevore gesê het, al het die staatspresident ’n meerderheid steun in die referendum gekry, is ons Party gewikkel in ’n beslissende stryd met die verregses vir die stem van die Afrikaner. Nes julle in ’n stryd gewikkel is met die PAC en PALM om die steun van julle mense. En om stemme te wen buit ons albei die gevoelens van die publiek tot die beste van ons vermoëns uit. Jy is ’n meester wat dit betref. Natuurlik, al die onlangse bloeddorstige aanvalle deur jou mense op ou mense wat op plase en kleinhoewes woon ontstel my mense oor die algemeen en hulle eis dat die regering kragdadig optree. Die fonds van so ’n groot wapenopslagplek en die inhegtenisneming van vier ingeskrewe lede van jou party in verband daarmee skep by baie Afrikaners die indruk dat daar ’n komplot is om soveel van ons mense as moontlik op die platteland uit moor.

    "Dit maak egter nie my taak makliker om my Comrades te oorreed om te onderhandel as jou president nie sy kollegas in toom kan hou nie. Nog te meer omdat hulle oortuig is dat die veiligheidsmagte geweld opstook deur IVP lede te bewapen en op te lei."

    Dit maak my president se taak om sy kollegas te oorreed geensins makliker as die polisie gereeld nuwe wapenopslagplekke ontdek nie. Nog te meer omdat julle nie die wapen stryd wil staak nie.

    Jy weet goed wat my standpunt is. Ons is alleen bereid om ons wapens neer te lê as ons deel is van ’n regering wat beheer het oor die veiligheidsmagte. As julle beter beheer oor die veiligheidsmagte uitoefen sal dit nie vir my mense nodig wees om hulle te bewapen nie.

    Dries sug. Ons bly in sirkels praat. Ek en jy weet dat ons enige verskille kan bylê tydens onderhandelings.

    Ek twyfel of die verregses met jou sal saamstem, antwoord Joshua met ’n glimlag.

    As ons in ag neem wat met die blankes in Zimbabwe gebeur het, is jy seker reg.

    As ons in ag neem die onderdrukking, selfs die slawerny, wat die volkere in Afrika reeds vir ’n duisend jaar moes verduur … slawe handelaars, koloniale magte … een seëvierende Europese mag na die ander … hoe kan jy ons blameer as ons so reageer?

    As jy aanhou om so te redeneer, sal daar nooit vrede enige plek wees nie. Mense oral het al gely, en is al verkrag en moorddadig onderdruk, of hulle nou Turke, Britte, Chinese, Asteke of Pole is.

    Hulle het gely, heeltemal tereg, maar nie een van daardie nasies moes die vernedering deurmaak wat die Afrikaan moes verduur nie. Die Arabier het hom sy manlikheid ontneem en van hom ’n eunug gemaak. Die witman het hom soos ’n dier behandel … om die waarheid te sê, jou mede Afrikaners, lede van die Afrikaner Herenigde-Orde, AHO, beweer nog steeds dat die swart man ’n dier is. En hulle staaf dit met die Bybel. Jy’s ’n Christen, en terwyl ek glo dat jy nie dié sienswyse steun nie, is dit tog ’n ingeskape kenmerk van alle Afrikaners. Apartheid, die finale menslike vernedering, is niks meer as ’n verwesenliking van hierdie eienskap nie.

    Goed en wel, maar dis nou iets van die verlede.

    Jy persoonlik het jou setel in ’n verkiesing gewen as voorstander van apartheid, en feitlik al jou kollegas in die staatsdiens steun jou Party. Dit sluit die weermag en polisie in. Joshua kyk vlugtig om na sy bestuurder wat naderkom. Ek kom. Toe die bestuurder wegdraai kyk hy weer terug na Dries. Ons keur nie bloedvergieting goed nie. Maar eers wanneer ons ’n regering in bewind het wat nie ’n voorstander van apartheid is nie, en wat die weermag en polisie beheer, wat uMkhonto we Sizwe insluit, sal my mense veilig voel. Eers dan sal die smokkel in wapentuig tot ’n einde kom.

    Met die besef dat hulle niks meer sal bereik nie sug Dries. Hoe gaan dit met jou gesondheid?

    Ek word gou moeg, antwoord Joshua terwyl hulle na sy motor stap.

    Kyk na jouself. Ons sal nie graag met ’n nuwe leier wil onderhandel nie.

    Dankie. Toe hy inklim maak Dries die deur agter hom toe. Joshua druk ’n knoppie om die elektriese venster oop te maak. Jy moet ook na jouself kyk. Ons ken al jou eienskappe en sal nie graag wil sien dat hulle jou met ’n ondersteuner van die AHO vervang nie.

    ***

    Hoofstuk 4

    Sondag: Waterkloof Lugmagbasis: Pretoria.

    Dries is op pad na sy motor toe ’n stem hom in Engels roep.

    Verskoon tog, asseblief, meneer die minister?

    Ja? vra hy toe hy omdraai na die aankomende nuusman.

    Ek is Anton Marino, van CNN …

    Ek ken jou boet.

    Het jy en Joshua Sandile tot ’n vergelyk kon kom?

    Dries glimlag breed vir die kamera. Wat laat jou dit dink?

    Julle het heel gemoedelik gelyk.

    Ons respekteer mekaar.

    Wel, het julle?

    ’n Mens kan nie tot ’n vergelyk oor belangrike landsake op ’n aanloopbaan kom nie. Om dit te doen moet jy ten minste ’n gemakstoel hê, antwoord Dries glimlaggend.

    Anton moet ook glimlag, want hy kan sien dat hy hier niks verder sal bereik nie. Ek neem aan dat julle wel oor die onderhandelings gesels het?

    Wat jy aanneem … is jou voorreg.

    Het jy darem die gevoel gekry dat meneer Sandile bereid sal wees om sy standpunt in heroorweging te neem?

    Dit sal jy vir meneer Sandile self moet vra.

    Dink jy meneer Caldwell sal dit regkry om meneer Sandile te oorreed om terug te keer na die onderhandelings?

    Ons sal maar moet wag en sien wat gebeur.

    ***

    Hoofstuk 5

    Sondag: Pretoria.

    Die landskap herinner my aan dele van Texas wes van Houston, sê William.

    ’n Mens vind dié tipe plantegroei net op die hoëveld, antwoord Jim. Onthou, ons is nou sestien honderd meter bo seespieël.

    Wat is daardie gebou?

    UNISA, die Universiteit van Suid-Afrika, een van die wêreld se groot afstand-leer universiteite.

    Dit lyk nes een van daardie outydse Singer naaimasjiene.

    Jim lag en wys hy met ’n vinger na ’n ander gebou. Daardie indrukwekkende gebou is die Uniegebou. Die staatspresident, en ministers van finansies en buitelandse sake het hulle kantore daar.

    As die voertuig voor die hotel oorkant Burgerspark stilhou wag William dat Jim eerste uitklim. ’n Man wat uit die agterste motor geklim het stap nader.

    Kan ek jou voorstel aan Michael Baretti. Mike is die CIA verteenwoordiger by die Ambassade, ook verantwoordelik vir jou veiligheid.

    Die blas man met die dik bos swart hare vat William se uitgestrekte hand styf vas. Dit gee William die gevoel dat hy in veilige hande is. Bly te kenne Mike.

    Geëerd om jou te ontmoet meneer.

    Cajun? vra William.

    Deels. Ook Mex bloed, antwoord Michael met ’n glimlag.

    Hulle stap die hotel binne waar ’n bul van ’n man geklee in uniform hulle inwag. ’n Sterk man, dink William, terwyl hy die man op en af bekyk.

    Kolonel Visser, van die Polisie se wag-eenheid, stel Michael hom voor. Hy’s verantwoordelik vir sekuriteit in die hotel.

    Gaaf om jou te ontmoet kolonel, sê William beleefd, terwyl hy die kragtige hand skud.

    Jy kan ontspan meneer. Ons het alles onder beheer, groet die diep stem hom.

    Wat ’n interessante aksent, dink William, wat tot ’n mate ooreenstem met die van Dries de Wet. Net dié man spreek sy woorde met ’n dieper keelklank uit. Hy rol ook die letter r meer.

    Die drie mans begelei William na die derde vloer waar ’n kaptein in uniform hulle inwag. Toe hulle verbystap toon kaptein Fanie van der Merwe se oë geen reaksie nie.

    Die deur agter die sersant is oop en sal oop bly vir die duur van die minister se verblyf, want die kamer is waar daar heeltyd Amerikaanse veiligheidspersoneel op diens sal wees. Die kamers tussen dié een en dié van die minister is bespreek vir die minister se afvaardiging. Een kamer is ingerig vir samesprekings en in een is ’n tafel gedek.

    ***

    Hoofstuk 6

    Sondag: Pretoria.

    Terwyl hy uitpak kyk William na sy tydtafel. Later die aand word hy deur die Amerikaanse span raadgewers ingelig. Moreoggend ontmoet hy die staatspresident. Na middagete voer hy samesprekings met Sandile, president van die ANC. Verdere afsprake sal afhang van die uitslag van dié twee samesprekings.

    Terwyl hy stort en skoon klere aantrek sak ’n tamheid soos ’n mis oor William. Hy is lus vir ’n Bourbon maar moet homself bedwing want die inligting sessie kan lank duur en hy moet sy kop helder hou.

    ’n Geklop aan die kamerdeur kom soos ’n vlaag van verligting – iemand om mee te gesels.

    Tom, sy persoonlike assistent, kom binne en kyk na die televisie waar Afrikaans gepraat word en vra, Verstaan jy dit?

    Hopelik is die spul môre meer verstaanbaar, antwoord William skouerophalend.

    Ek dink nie dit gaan so maklik wees nie.

    Die verskille is so uiteenlopend, byna onversoenbaar. Maar ons sal hoor wat ons mense hier op die grond te sê het.

    Hoeveel dink jy kan hulle bydra tot wat ons reeds weet?

    Jy kan nooit sê wanneer iemand met ’n briljante idee na vore kan kom nie. William gee ’n diep sug. In elk geval … en dit is net vir jou ore … hierdie is die laaste een. Wen of verloor in November, na die verkiesing pak ek my tasse.

    Jy het al vantevore sulke skimpe uitgegooi. Is jy ernstig?

    Ek het goed daaroor nagedink.

    Het jy al vir die president van jou planne vertel?

    Goeie genugtig! Nee! Hy sukkel genoeg om die kiesers aan sy kant te kry … ek wil nie sy las vererger nie.

    Dit sal ’n gevoelige slag vir hom wees. Hy maak al soveel jare staat op jou steun. Al wen hy die verkiesing, sal hy erg gekneus wees. Dan sal hy na jou kom vir hulp om sy krag te herwin. Wat gaan jy doen?

    Texas hier kom ek.

    Tom lag. Om wat te doen? Jy ken niemand meer in Texas nie. Jy woon al soveel jare in Washington … twintig jaar is dit nie? … dis te sê wanneer jy tuis is. So hoe kan jy verwag om jou daar aan te pas.

    "Ek het my ranch," antwoord William ter verdediging.

    William, hoeveel keer het jy Diablo Springs in die laaste tien jaar besoek? Sê my, hoeveel keer?

    Ten minste eenkeer elke jaar.

    Eenkeer ’n jaar. Vir hoe lank?

    ’n Week.

    Tien weke in tien jaar! In daardie tien jaar het jy meer tyd in Moskou deurgebring. Wil jy daar aftree? Nooit! Henrietta is nou al ’n nagedagtenis vir hoe lank? Ses … byna sewe jaar. Anne het in Washington grootgeword. Dink jy sy sal tevrede wees op Diablo Springs?

    William trek sy skouers op. Ons is na aan mekaar. In elk geval, kom ons gaan kyk waar die ander is.

    ***

    Hoofstuk 7

    Sondag: Pretoria.

    Saam loop William en Tom die gang af.

    Miskien sal Anne saam met hom gaan, miskien nie, dink William, maar wat sy ook al besluit hy gaan terug plaas toe. Hy kry vir Tom jammer wat nou vir homself ’n nuwe werk moet soek. ’n Politieke loopbaan in Washington kan opwindend en lonend wees. Daar is duisende briljante jong manne wat dié loopbaan volg, maar daar is net plek vir ’n paar op die boonste trap van die leer. Hy sal egter sy uiterste bes probeer om vir Tom ’n goeie betrekking te kry.

    Vir Tom kom die aankondiging as ’n skok. Tot nou toe kon hy nie glo dat William werklik sal uittree nie. Hy is besig om vir homself ’n goeie reputasie op te bou en as hy nou verplig word om te verander sal hy weer van vooraf moet begin. Miskien nie heeltemal so erg nie, maar dit beteken nietemin ’n paar treë agteruit.

    Op die kop kwart voor ses stap hulle die vergaderlokaal binne om by die ander aan te sluit.

    William neem sy sitplek in. Aan die hoof van die tafel is dr Hector Calderon, assistent-sekretaris van buitelandse sake (Afrika-aangeleenthede). Hy is in Washington gebaseer en is al die ambassadeurs in Afrika se senior, behalwe dat gevolmagtigde ambassadeurs plaaslik self kan optree. Die ander om die tafel is Jim Kendall, gevolmagtigde ambassadeur, Michael Baretti, CIA, James P. Giffen, konsul-generaal (kulturele sake), en Terry Murphy, konsul (handel). Ook teenwoordig is die minister se raadgewers, Bruce C. Lawrence, Afrika-raadgewer, Henry G. Joffray, politieke raadgewer, Jason Depold, buro vir intelligensie en navorsing, en Tom Walburton, persoonlike assistent.

    Dr Calderon sit die wiel aan die rol met ’n oorsig oor onlangse ontwikkelings in suidelike Afrika, met die klem op Suid-Afrika, wat twintig minute lank duur. Daarna, in volgorde kry elk van die ander ’n kans.

    Om kwart voor sewe verdaag die vergadering en verskuif hulle na die kamer langsaan vir aandete. Oor ete gaan die samesprekings informeel voort. En om tienuur verdaag hulle vir die nag.

    Tydsberekening dié aand sal perfek wees. En sover verloop alles goed op tyd.

    ***

    Hoofstuk 8

    Maandag: Pretoria.

    Generaal-majoor Pine Pienaar se liggaam ruk soos hy skrik toe die telefoon skril langs sy bed lui. Hy draai weg van sy vrou en tas in die donker na die gehoorstuk.

    Pienaar.

    Sy vrou Elsa, na jare se ondervinding van nagtelike oproepe, alhoewel dié al minder geword het namate hy sy pad opgewerk het in die range, hou haar oë toe.

    Hy luister vir ’n tydjie in stilte voordat hy vinnig regop sit en die lig aanskakel. Wat! My magtig Nic, wat vertel jy my nou!

    Sy stemtoon laat Elsa vinnig opsit en na haar bril gryp. Toe sy sien hoe bleek hy is gryp ’n angs haar aan en sy bid dat dit nie die staatspresident is nie. Sedert sy Rubicon-toespraak in die parlement op 2 Februarie 1991, vrees baie blankes vir sy lewe. Dis ’n ope geheim dat daar in sekere regse kringe ’n losprys op sy kop is.

    Jare se ondervinding maak dat sy vinnig uit die bed uit opspring en haar japon aantrek. Voordat hy die huis verlaat sal Pine ’n koppie koffie nodig hê om hom wakker te maak en krag te gee. Terwyl sy na die kombuis haas hoor sy hoe hy in die telefoon skree, iets ongewoons is vir hom. Die water is besig om in die filtreerkan te kook toe hy in die kombuis aankom. Hy knoop sy uniform se baadjie vas.

    Wat makeer? vra sy angstig.

    Dit was Nic. William Caldwell is ontvoer! Die Amerikaanse minister van buitelandse sake.

    Wat? Wanneer?

    Ek weet nie. Hy kon my niks meer vertel nie. Al wat hy weet is dat die man vermis word. Skynbaar het iemand vir sy veiligheidswagte ’n verdowingsmiddel ingegee. En dit lyk asof ons mense dit gedoen het.

    Sy snak na haar asem. Julle mense! Wie?

    ’n Kolonel Gert Visser Ek weet nie of daar nog mense betrokke is nie.

    Waar is hulle nou?

    Nugter weet alleen, antwoord hy skouerophalend. Hulle is net weg. Caldwell ook. Maak asseblief gou met die koffie.

    Ek is jammer, sê sy terwyl sy skink. Ken jy die Visser?

    Hy neem die beker en gooi twee groot lepels suiker in en roer. Terwyl hy praat proe-proe hy aan die warm koffie en sy lippe gebrand. Nie persoonlik nie. Ek weet van hom. Hy’s ’n groot sterk man met ’n goeie agtergrond. Behalwe dat hy al gewaarsku is omdat hy met tye brutaal opgetree het. Maar geen amptelike klag is nog ooit gelê nie.

    Glo jy … glo jy werklik dat hy dit gedoen het?

    Ek het geen idee nie.

    Wat gaan nou gebeur?

    Nou gaan die vere waai. Kan jy jou voorstel hoe die Amerikaners hieroor gaan voel?

    Wat sal hulle doen?

    "Seker die vlootsoldate, die Marines instuur, antwoord hy met ’n laggie. Toemaar, ek maak net ’n grap. Hy sit die beker neer en gee haar ’n soen. Gaan klim terug in die bed, en … ek weet nie wanneer ek weer tuis sal wees nie."

    Wees versigtig, maan sy oudergewoonte toe hy die huis verlaat.

    ***

    Hoofstuk 9

    Maandag: Pretoria.

    Die voorkant van die hotel is soos ’n miernes toe Pine daar aankom. Polisie met honde, joernaliste en televisie spanne, helder ligte, plus ’n skare wat nugter alleen weet waar die tyd van die nag vandaan kom, maal in die straat rond.

    Van der Waltstraat is afgeskort, maar die konstabel laat die amptelike motor deur.

    Kry kolonel Blits Viljoen in die hande, sê Pine vir sy bestuurder toe hy uitklim. Hy moet dadelik hierheen kom.

    Met lang treë loop Pine na die ingang van die hotel waar Nic Stemmet en Nigel van Achtenberg hom inwag.

    Naand … of liewer, goeie môre, groet Pine die twee.

    Goeie môre, reageer Nic.

    Nigel salueer hom. Goeie môre generaal.

    Nie so goed nie … of hoe? sê Pine.

    Glad nie goed nie, antwoord Nic. Hy is ’n frisgeboude man, reeds effens geset.

    Mike Baretti wat binne die ingang wag val langs hulle in toe hulle verby die ontvangs loop. Hotel personeel hou die gebeurtenisse met groot oë dop.

    Dag Mike, sê Pine.

    Hi Pine, antwoord die Amerikaner. Nic.

    ’n Ongelukkige gebeurtenis. Vertel my asseblief wat gebeur het.

    Nic Stemmet kom eerste aan die woord. Ons weet in werklikheid nie …, begin hy maar Pine val hom in die rede.

    Ek wil nie weet wat julle nie weet nie. Vertel my wat julle weet.

    Jammer Pine, maar op hierdie stadium weet ons niks meer as wat jy reeds gehoor het nie.

    Maar …

    Mike hou sy hand op en val hom in die rede. Wag ’n bietjie, ons weet dat die minister en twee van julle manne vermis is.

    Ja.

    Nou goed. Nog twee mense is ook spoorloos … die hekwagter en die sekuriteitswag wat in die parkeergarage was, sê Mike. Iemand het vir my twee veiligheidswagte ’n Mickey Finn ingegee. Hulle was uit soos ’n kers … seker vir meer as ’n uur. Eers toe hulle bykom het hulle ontdek dat julle manne weg is en dat hulle sleutels ook weg is. Die soektog na die sleutels en jou manne het verder tyd verspil … nagenoeg twintig minute.

    Pine kyk vraend

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1