Onversadig
By T.T. Cloete
()
About this ebook
T.T. Cloete
Theunis Theodorus (T.T.) Cloete is op 31 Mei 1924 op Vredefort in die Vrystaat gebore. Cloete debuteer in 1980, op 56-jarige leeftyd, met die digbundel Angelliera. Hy was ’n bekroonde Afrikaanse digter, Bybelvertaler, letterkundige en akademikus. En een van ’n baie klein groepie digters wat die Hertzogprys vir poësie twee keer gewen het. Cloete sterf op 29 Julie 2015.
Read more from T.T. Cloete
Jukstaposisie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKarnaval en lent Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related to Onversadig
Related ebooks
Verbeel jou dis somer Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKatalekte: (artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAl is die maan 'n misverstand Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBladspieël Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKatastrofes Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBientang Rating: 3 out of 5 stars3/5Lot se vrou Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPieter-Dirk Uys: Weerklink van 'n wanklank: Memoires van toe en nou Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStories uit 'n Straat Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVyf-en-veertig skemeraandsange: uit die eenbeendanser se werkruimte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTrekkerswee Met tekeninge van J.H. Pierneef Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBot Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVry- Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEk stamel ek sterwe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsNoudat slapende honde Rating: 5 out of 5 stars5/5Klassiek reeks: ’n Ander land Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKuns-mis Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie windvanger Rating: 4 out of 5 stars4/5Abjater wat so lag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWonderboom Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOm die gedagte van geel Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHierdie mens Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie beginsel van stof Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOns oorlog Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie boek van toeval en toeverlaat Rating: 3 out of 5 stars3/5Komas uit 'n bamboesstok Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Portier Rating: 3 out of 5 stars3/5Vers & vrou: 258 gedigte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBuys: ’n Grensroman Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVerlorenkop Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related categories
Reviews for Onversadig
0 ratings0 reviews
Book preview
Onversadig - T.T. Cloete
Onversadig
T.T. Cloete
Je kunt een groot vuur in je ziel hebben, en niemand
komt er zich aan warmen, en de voorbijgangers
zien niets dan een beetje rook boven uit de schoorsteen komen, en gaan huns weegs.
– Vincent van Gogh
Inhoud
1
helen keller
in moerasse, grotte en as
val en ruimtevrees van die aardbewoner
stilhuil
homo symbolicus
2
Landheer en pagters
3
die eenvoud van die eenvoudiges
dorpsrit
draaiboek
Muishondkraal
4
terugrit
identiteit
Hendrik Biebouw
geskiedenismakers
achillesse
5
saamsing
swerwende verse
Op Toon se Hoëveld
Heimwee?
op my ou ramkietjie
ouetehuis
foto van Theo Wassenaar
’n wiegelied vir alle kinders
Achilles se skild
what a wonderful world
6
verslag van die ruimtetoeris uit die Kraanvoël
terugsoek na die oorskot aan die begin
no one understands completely how it works
7
kardoes
8
vir ons volgende wêreldbekersokkerspan
nuttelose verse
die Dakarkewer 2007
9
van de liefde die vriendschap heet
brief
10
L’amor che move il sole e l’altre stelle
-kunde
foto van vrou by die see 1966
helder Saterdag
roetes op soek na jou
rou waterverfkomposisie 2007
11
fragmente van die onvolledige gedig
buite bereik van die keurteling?
knal
seën
homo insciens
12
uitkomsgerigte onderrig
13
pangaea ultima
sprokie van die voëltjies vertel in ’n alleengesprek
mirafra apiata
Net één
bonsai
hoop op hoop, laaste saampraat
die begeerlike mens
Eindnotas
1
helen keller
óns hande oë en óns ore
kan soms lieg
háár hande is geëmbosseer
lipteer
twee palms vol papille twee tonge
vol klein proe-tepeltjies en -bekertjies
gevoelig soos ’n haai se huid
in fijne vingertoppen leeft
een innerlijk en diep gebaar
sy’t eers gedink haar hond kan praat
en as sy rose pluk kry hulle seer
die spinnekop in haar weef haardun rag
en vang die teerste trillings op
haar vlermuis stuur sy sonars uit
sy gryp my
my oë puil benouend
twee langsteelsampioene
uit hul kasse my ore tuit vlermuisspits
the blind are not supposed to be
the best of guides
ons ander is oorlaai met chroomversiersels
wat ons goedkoop maak
platvloers en afgestomp
they look within themselves
– and they find nothing
ons steek ons hande in ons sakke
immers en ons katarak-oë staar
’n gids wat sonder dat ons struikel
in ’n land wat blind en doof is
lei sy ons op onbegane weë
deur ’n onbekende wildernis van opwinding
sy gaan ons nie deur vuur lei nie
nie laat verdrink in putte of
in afgronde laat tuimel nie
sy kan die skoonheid van haar blomtuin
met haar voete voel
the sun shines always there
birds sing the promise of the day
. . . that shall be
I live a dream throughout
sy is ’n eerste mens
’n konsonant fragment
en erfgenaam van daardie Naam
wat alle wêrelde gemaak het
die vriendelike leegte wag
die diepte van die pneuma duur
en waak en tas in stil afsondering
geruisloos doen die ingebore weet sy werk
voel sy die brokkies wat haar hand betas
voeg stukkies van ’n legkaart bymekaar
’n nuwe werklikheid word nooit aflatend
daagliks glansend singend vol verrassings
met haar vingers uit die chaos saamgestel
helen martins
wie in wil kom en net wil loer
wees weerbaar teen die pyn
se steek en bloei. daar staan ’n kaktus
voor my hek geplant met dorings vol venyn
en mure om my huis gebou
teen wat my uit myself wil sweep
dit het uitnodigings geword
vir wie net loer en weer vertrek
hoe hou ek spreeus en kraaie uit
die hoë bome wat behoort aan hierdie dorp
daar is nog meer en anders
wat ek uit moet hou
hoe hou ek met ’n kaktus en ’n muur
vuurtonge uit en wind wat uit die hemel val
en praat met ongewone Tale bó
dié wegsteekplek se groot verslae landskap
my uile met die mantisoë,
’n engel met gestolde vlerke staan
hier buite in die tuin en agterplaas
bloot in die son se skerp karookollig
die geitjies kruip uit in die nag
deur splete, loop vertikaal óp teen mure,
hang teen die vlak plafon onderstebo
en hou jou skeef van daar af dop,
droom teistering vir jou
en lê dit uit vir wie wil luister
die straat, ek weet
daar staan ’n horde,
loer op toonpunte,
die ballerinas soek na bresse in die wering
die hokus-pokus
is dit soos uile en kamele lyk
en engele? en mense?
wat dóén ’n mens daarmee?
ek het die sleutelgat vergeet en oopgelaat,
van klank vergeet wat ver kan trek, óm weerstand krul
’n ster se lig buig om die son
en sif deur die plafon en vensters
dit wat bestem was vir ’n veraf onbekende oor
en oog het hande uitgeruk en aan die loop
gegaan met my, ontsnap
en my verraai en uitgelewer,
ontklee, van my ’n danseres met vere
in ’n kroeg gemaak en aan geklets
en aan aanfluiting oorgegee.
Dit laat my dwaal op soek.
hoe soek ’n mens die onbekende?
my uile met die oë van ’n spinnekop
staar blind en stil son toe.
voor my is daar ’n dowwe leegte.
Dit laat my vasloop teen my beelde.
Dit laat my struikel oor
dit wat onsigbaar uit my broei.
Dit maak een van my flesse oop
met fyngemaalde lig in glas gevang,
met seepsoda gemeng
en vir die maklik sluk gewas
in olie van die bruin olyf
wat óm die ánder, óú Betesda groei.
ek gee my oor aan wat my dryf
op dié vergete plek, want een
wat toe wil maak in glas, beton,
in draad en yster,
word opgespoor
en oopgebreek en met ’n tong
van meer as een kant af
gestroop
in moerasse, grotte en as
hulle is ná eeue goed bewaar
in ’n soort onsterflikheid
tot hulle duimdruk en geslag
is nog sigbaar
ons spit hulle uit in moerasse onder mos,