Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Seks & drugs & boeremusiek - die memoires van 'n volksverraaier
Seks & drugs & boeremusiek - die memoires van 'n volksverraaier
Seks & drugs & boeremusiek - die memoires van 'n volksverraaier
Ebook361 pages3 hours

Seks & drugs & boeremusiek - die memoires van 'n volksverraaier

Rating: 2 out of 5 stars

2/5

()

Read preview

About this ebook

Nelson Mandela het dit gedoen. P.W. Botha het dit gedoen. Francois Pienaar het dit natuurlik ook gedoen . . .

En toe volg Koos Kombuis se outobiografie, die een wat al meer as tien drukke beleef het. Dis die enigste een wat deur hom goedgekeur & getjap is as die naakte waarheid. Die Ware Jakob, Koos se manier om homself te versoen met sy verlede.

En watter verlede is dit nie! Hy vertel van sy heel eerste openbare optrede (op die ouderdom van ongeveer vyf sekondes), van sy jeugjare as hedonis, van sy ontmoeting met Yasser Arafat (’n bladsy uit die geskiedenis wat nóg Koos nóg Yasser ooit wil oorhê), van die paradokse & die pyn, van hoe lekker die lewe nou vir hom is, van die goue jare wat nog voorlê . . . van . . . van . . .

O ja, natuurlik ook van die seks & drugs & boeremusiek wat al sy pad gekruis het. Alles daarvan, sonder aansien des persoons.
LanguageAfrikaans
Release dateMay 25, 2014
ISBN9780798167437
Seks & drugs & boeremusiek - die memoires van 'n volksverraaier
Author

Koos A. Kombuis

Gewilde Afrikaanse kultusfiguur, skrywer en sanger. Uit sy pen (aanvanklik onder die naam André Letoit) het digbundels, romans en baie koerantrubrieke verskyn (lg is intussen gepubliseer in verskeie bundels). Ander boeke sluit in Somer II, Paradise Redecorated, My mamma is ’n taal, Hotel Atlantis, Suidpunt-jazz, Afrikaans my darling, Raka: die roman, Dieper dors, The Complete Secret Diaries of God, Die tyd van die kombi’s en Short drive to freedom. Koos Kombuis woon saam met sy vrou en hul twee kinders op Somerset-Wes.

Related to Seks & drugs & boeremusiek - die memoires van 'n volksverraaier

Related ebooks

Related articles

Reviews for Seks & drugs & boeremusiek - die memoires van 'n volksverraaier

Rating: 2 out of 5 stars
2/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Seks & drugs & boeremusiek - die memoires van 'n volksverraaier - Koos A. Kombuis

    SEKS &

    DRUGS &

    BOEREMUSIEK

    die memoires van ’n volksverraaier

    KOOS KOMBUIS

    Human & Rousseau

    opgedra aan my hond

    Smith

    Proloog

    In a sense, writers don’t get ideas: ideas get writers.

    – Stephen Donaldson

    My heel eerste live performance was op die ouderdom van ongeveer vyf sekondes. Dit was onder protes, en dit sou beslis nie gebeur het as die dokter wat in charge van my geboorte was nie op daardie oomblik besluit het om my, nog voordat ek enigsins iets kon doen om sulke hardhandige optrede te regverdig, onderstebo vas te hou en my op my boudjies te wiks nie.

    Volgens die klein gehoor wat teenwoordig was – die dokter, my ma en ’n paar verpleegsters van die kraaminrigting in Duiwelspiek – het ek baie hard gesing, met my oë styf toegeknyp. Hoewel niemand die woorde van die liedjie kon uitmaak nie, was my vertolking blykbaar geweldig emosioneel en passievol. In kort: ek het ’n moerse keel opgesit.

    Vandag onthou ek baie min van hierdie eerste show. Die meeste feite omtrent hierdie fase van my lewe moes ek op hoorsê verneem. Aangesien hierdie inligting waarskynlik bevooroordeeld en eensydig is – my enigste bronne, met ander woorde my onmiddellike familie, is uiteraard onbetroubaar – kan ek dit nie met ’n rein gewete insluit in my outobiografie nie, maar voeg ek dit by, as ’n addendum, in hierdie proloog. Lees dus veral die eerste deel van die proloog met ’n knippie sout.

    Mense sê dat ek in die dae en weke na hierdie vertoning diep in die bottel gekyk het. Ek het ook eienaardige ure gehou: ek sou by geleentheid ’n hele nag raas en rondkerjakker, net om die volgende oggend tot twaalfuur my roes af te slaap. My ma sê ek was ’n hand vol moeilikheid. My ouma het gesê ek is die lelikste baba wat sy nog ooit gesien het. My pa was baie spyt ek is nie ’n dogtertjie nie. My aankoms in die wêreld was (volgens reeds genoemde bronne) onnet, onvanpas, en onafgerond.

    My blote teenwoordigheid op Planeet Aarde het ’n hele klomp andersins redelike gawe mense bitterlik die moer in gemaak.

    Shit.

    Was al hierdie kritiek geregverdig? Waarom is ek nooit gevra om my saak te stel nie?

    Op hierdie vraag kan ek ongelukkig geen kort en eenvoudige antwoord gee nie. Die faktore wat saamgespeel het om van my geboorte kwansuis ’n enorme fokop te maak, was veelvuldig en divers.

    Om op te som: eerstens is ek op Guy Fawkes-dag gebore. Stout kinders het heeldag lank crackers buite die vensters van die kraaminrigting geskiet. My ma was ’n senuweewrak. Die dokter was geïrriteerd – dit was dalk deels die rede vir sy gewelddadige optrede teenoor my (wie weet die hoeveelste baba was ek daardie dag in sy besige program?). Die Nasionale Party was nog aan die begin van hul bewind, mense se skuldkomplekse was nog nie goed genoeg ontwikkeld nie. Daar was onderdrukte aggressie in die lug. Tuinboys was nog tuinboys, maar nie vir lank nie. Niemand het geweet wat om met hulle opgekropte drange te maak nie, want rock ’n roll sou eers vier jaar later arriveer. Ek is gebore in die tyd waarna in die Bybel verwys word as Die Groot Verdrukking. Ja, dit was ’n era selfs erger as die seventies. Vra my, ek weet.

    Dit was die fifties.

    Die early fifties.

    G’n wonder ek het so ’n moerse keel opgesit nie.

    It was a dirty job, but somebody had to do it.

    Ek praat nou nie meer van my geboorte nie. Ek praat oor my hele lewe.

    Want hierdie boek is my outobiografie.¹ Die finale een. Die enigste een wat deur my goedgekeur en gechap is as authentic. Die Ware Jakob. Vir wie ook al ’n morbiede belangstelling in sulke makabere leesstof mag hê. Wat was Caligula se gevleuelde woorde nou weer? De gustibus non disputatem est … of so iets. (Ek kan nie die presiese spelling onthou nie, die internet-mogul Stephen Segerman het die aanhaling lank gelede vir my ge-e-mail in ’n heel ander konteks.)

    Anyway, ek het hierdie boek tussen Desember 1999 en Februarie 2000 geskryf (dus net mooi op die Draai van die Eeu), en ek moet erken dis nie my eerste poging tot ’n outobiografie nie. Daar was al ander, veel erger pogings.

    Daar was die semiselfverheerlikende plakboek Somer II. Daar was die twee collages wat ek self gepubliseer het, Afrikaans My Darling en O. Van al hierdie pogings het slegs die derde druk van Afrikaans My Darling ’n bietjie meriete gehad.

    Sowel my uitgewers as ek voel dat dit nou vir die eerste keer werklik ’n goeie tyd is om oor te gaan tot daardie mees intieme van literêre misdade (die publiseer van ’n outobiografie). Gelukkig is ons letterkunde, ’scuse the pun, vol edele presedente. Nelson Mandela het dit gedoen. P.W. Botha het dit gedoen. François Pienaar het dit natuurlik ook gedoen. Ian Fraser het dit gedoen, en Mark Behr. Blykbaar is Max du Preez besig met ene. Om nie te praat van Frik du Preez, Frank McCourt en al die ander nie. Selfs die mees verfynde en nederigste geeste van ons tyd het al by geleentheid hul hande gewaag aan sulke wanpraktyke soos juis hierdie.

    Die nice ding van my lewensverhaal is egter dat dit, anders as byvoorbeeld die storie van die Dalai Lama, hoogs verfilmbaar is. Ek skat die movie van my lewe sal ’n kruis wees tussen Trainspotting, Saturday Night Fever en Sybil. Hulle kan Arnold Vosloo kry om my te speel as jongman (met Meryl Streep of Glenn Close as die kleuterskooljuffrou – sien die hoofstuk getiteld ’n Bietjie seks), John Travolta vir die effens ryper karakter, en vir my Goue Middeljare kan hulle iemand soos Marlon Brando of Pavarotti kry. Mits Pavarotti bereid is om te leer sing en kitaar speel. Aan die ander kant moet dit nie ’n vrolike tipe fliek wees nie. Die musiek moet dalk liefs tot ’n minimum beperk word. Dit moet ’n depressing fliek wees, vol patos, gelaaide oomblikke, dooie seemeeue en stukkende karre, veral ou Kombi’s en DKW’s.

    Want:

    My hele lewe lank doen ek dit, maak ek mense depressed, freak ek mense uit, myself inkluis. Ek was in 1971 laas werklik gelukkig (dus beat ek Gert Vlok Nel se rekord met vier jaar). Tussen 1971 en nou was alles unreal, soos ’n swart-wit movie wat rukkerig voortrol op ’n dowwe screen in die ATKV-saal in Hartenbos toe ek klein was.

    En tog sal dit ’n goeie storie maak. Veral as ek alles vertel. Selfs die dinge wat voor 1971 gebeur het. Selfs die dinge wat agter die skerms gebeur het tot nou toe. So gesien, was alles baie kleurvol. Mens kan dit selfs opdeel in verskillende periodes. Maar wag, ek loop myself vooruit.

    Punt is: dit was meer as net altyd die woede. Dit was meer as net die vrees. En dit was meer as al die duisende rock ’n roll-toere en bedwelmde, dekadente konserte, almal met die mikrofoon krampagtig in my hand vasgeklem en my oë styf toe, soos toe ek gebore is. Ja, daar was meer. Al het ek dit onlangs eers begin onthou.

    Voor ek die res van hierdie storie op jou loslaat, liewe leser, in sy volle angs en absurditeit, moet ek kortliks iets verduidelik van my huidige situasie. Van die hier en nou.

    Ek het myself wel die afgelope paar jaar al begin versoen met die idee dat ’n mens se persepsie van alles om jou met die jare, soos jy ouer word, onvermydelik afplat. Ek het myself begin versoen met die feit dat jy op die ouderdom van vier-en-veertig selde so opgewonde kan raak oor ’n mooi haikoe of ’n ladybird op jou vinger as destyds. Toe ek sestien was (ja, jy’t reg geraai, in 1971) was elke asemteug, elke dagbreek, elke nuwe liedjie oor die radio, ’n belewenis met verreikende geestelike en politieke implikasies.

    Dan strike jy jou twintigerjare, en jy is confused. Jy strike jou dertigerjare, en jy is kwaad. En wanneer jy veertig strike, is jy moeg van kwaad en confused wees. Jy is plein bored. Dis die normale, aanvaarde gang van die lewe soos die meeste mense dit ken. Dit het selfs met Alice Cooper gebeur.

    Maar is hierdie soort besadiging wat die ouderdom so dikwels bring, normaal? Is dit noodwendig en onvermydelik? Moet ’n mens teen wil en dank, wanneer die tyd aanbreek dat jy uiteindelik gereed is om die ware lewensverhaal te pleeg (soos ek nou) dit doen met die semikomatose apatie en sinisme wat net die sogenaamde Goue Middeljare kan bring? O, hoe haat ek daardie soort interviews wat alle rock-sterre altyd begin gee sodra hulle die magic oomblik van nege-en-dertig bereik. (Ek is self skuldig daaraan! Ek het dit gedoen vir Pasella en Rooi Rose!) Elton John kyk terug oor ’n vol lewe. Joan Hambidge maak deesdae net tuin. Die rustige nuwe James Small. Ek het GrandPa-hoofpynpoeiers gelos, sê Anton Goosen. Ons kuier by Dan Roodt op Onrus. Die Springbok Nude Girls praat oor hul Bonsai’s. Nataniël stel sy hekelwerk ten toon. Watter onsin!

    En tog … hoe sal ek verduidelik? Daar steek ongetwyfeld ’n mate van waarheid in hierdie clichés, maar dit is ’n halwe waarheid. Die Goue Middeljare kan rustigheid bring, ja, maar dit kan ook ware vernuwing bring. As jy baie lucky is. As jy teen daai tyd nog nie kanker of beroerte of uitmergelende custody battles of sulke goed het nie.

    Die afgelope paar weke voel ek byvoorbeeld soos ’n nuwe mens. Ek is nie heeltemal seker hoekom nie. Dis nie net oor ek hierdie boek geskryf het nie. Dis … dis sommer oor alles!

    Ek word deesdae wakker in die middel van die nag, klokslag so twee-uur voormiddag, en dan kyk ek na die maan. En ek stap deur my donker huis en tuur met verwondering na buite. Ek kyk hoe die doudruppeltjies glinster op my Nissan se voorruit, en dis vir my wonderskoon. Ek tik gedigte op my computer. Bedags stap ek rond in my tuin en gooi saadjies vir die voëltjies – nie om te voel nou moet ek saadjies vir die voëltjies gooi nie – dis heeltemal vrywillig, dit het niks met romantiek of idealisme te doen nie. In plaas van Sondae met my kar kafee toe ry om drank onder die counter te koop, stap ek sommer. Ek is gevul met ’n soort vrede, ’n soort stille opgewondenheid, ’n gevoel van aag, daar’s baie tyd vir alles. Asof ek nie meer in die rat race is nie. Ek voel rustig en stralend, soos Madonna net na sy haar baby gekry het.

    Daar is net een verskil: toe ek sestien was, wou ek almal dwing om soos ék te voel. Ek was ietwat evangelies ingestel.

    Toe ek sestien was, was ek tjommies met Liewe Jesus. Groot tjommies. Nou het ek ook vrede gemaak met Die Duiwel. Ons is nou wel nie tjommies nie, maar ons is kiets. Ons skuld mekaar fokkol. Aangesien ons bure is op hierdie wrede planeet, kan ons net sowel in vrede saamleef en ophou om mekaar weg te wens.

    Ek weet, waar ek nou hier sit, in my blou geverfde studeerkamertjie met ’n uitsig op die see (as ’n mens op jou tone staan en halflyf deur die venster hang, kan jy ’n paar sentimeter blou water tussen die konkreetmengers en uitheemse bloekombome sien uitsteek, so technically het ek ’n uitsig op die see, so whê!), dat ek eindelik die soort Nirvana bereik het waarvan ek in my jeug slegs kon droom. Dis hoekom ek nou weer begin skryf het, vir die eerste keer in ’n dekade, nadat ek die laaste tien jaar net voltyds musiek gemaak het. Dis hoekom ek opgewonde is om te skryf. Ek is into dit. Ek is net so into dit asof hierdie my eerste boek is, en asof daar hierna nog ’n string gaan volg (definitief nie ook outobiografies nie). Ek wil Die Duiwel beskryf, en die hemel, en die hel, en al hulle vriende en vyande. Die metafore is myne, die staaltjies, en die tapisserie van waarhede en halwe waarhede, die kaleidoskopiese liefde en haat en vrees en bewing en hartseer en spoeg en woede en sheer terror van die menslike kondisie, dis alles in my computer, en dit moet geprint word. Ek kan dit doen. Ek wil dit doen. Ek gaan dit doen. Fok almal!

    Maar dit eers later. Intussen, terug na hierdie boek, die een wat jy nou gaan lees.

    Is jy gereed, liewe leser? Is daar genoeg drank in die yskas? Is jy binne stapafstand van ’n medisynekabinet vol Disprins? Is jou onwettige rewolwer en ammunisie goed toegesluit? Is die kinders in die bed? Jou vrou aan die slaap, haar gesig ingevryf met daai wit goed wat plooie wegvat? Jou Sanlam-premies op datum? Koffie op die stoof?

    Goed dan. Dit gaan so werk:

    My lewe bestaan uit vyf dele; die periode voor 1971 (my Rooi Periode), die periode tussen 1971 en 1979 (my Swart Periode), die periode tussen 1980 en 1986 (my Groen Periode), die periode tussen 1987 en 1990-something (my Infrarooi Periode) en die periode wat onlangs eers begin het (my Blou Periode). Anders as Picasso het ek dus die Blou Periode laaste, en anders as wat mens sou dink, beteken blou nie vir my depressie of die blues nie. Dis net hoe ek deesdae voel. Blou. Lekker. Mooi.

    Om dit alles te vereenvoudig, gaan ek al hierdie periodes afrond tot drie hoofperiodes. Sê maar Rooi, Donkergroen en Blou. Of wat jy dit ook al wil noem. Voor, Tussen, en Na? Die vormingsjare, die Rizla-lose jare, wat ook al, ek kan nie onthou presies hoe ek die storie ingedeel het nie. Anyway, drie is my lucky nommer. Daar is drie sirkeltjies in my handtekening. Daar is drie hoofstamme in Suid-Afrika (Afrikaans, Engels en Xhosa). En ek het tot dusver in my lewe drie hoofaktiwiteite gehad.

    Eerstens, die musiek wat ek gemaak het, vanaf daardie eerste live show in Duiwelspiek se kraaminrigting tot nou toe. Tweedens, die dônerse dagga wat ek gerook het, die fokken drugs wat ek gevat het – ek gaan nou hierdie een keer daarvan vertel en dan nooit weer nie. En derde, maar nie die minste nie, die seks. Nie alles daarvan nie, ook nie met wie en waar en wanneer orals nie, maar darem genoeg om Arnold Vosloo, John Travolta en Pavarotti gelukkig te hou tydens die skiet van die movie.

    Gepraat van seks … ek het lank gesoek na ’n titel vir hierdie boek. Ek kon aanvanklik nie besluit tussen Die reuk van tweedehandse Kombi’s en Braai Freedom nie (my vriend Makatot wou met alle geweld hê ek moet dit noem Sy kom op die sekelmaan, so daar was geen shortage aan idees nie). Ek kon ook nie besluit aan wie om die boek op te dra nie. Soveel mense het so baie vir my beteken! Soveel mense het my van die wal in die sloot gehelp! En ek is hulle almal so ewiglik dankbaar, want waar anders sou ek al hierdie materiaal vir ’n lewensverhaal gekry het? (Ek het egter op die ou end maar besluit om dit liewer op te dra aan … o well, julle sal sien.)

    En dit was die uitgewers wat my eindelik oortuig het dat die titel wat ek nou het, die beste titel was.

    Om verstaanbare redes.

    Want nou bly geloof, hoop, en liefde, hierdie drie, maar hulle sal altyd swakker verkoop as

    1Of, soos Kobus Faasen, ’n ou skoolvriend van my, dit noem, ’n stoutobiografie.

    DIE VORMINGSJARE

    My Rooi Periode

    Toe ek Rooi was, was ek vuur en vlam vir die lewe, maar ek het dikwels seergekry. Letterlik seergekry. Ek het uit bome geval en honde het my gebyt en ek het op spykers getrap en goggas het my gesteek. Ek was ’n woelwater en my ma-hulle moes dikwels die polisie bel dat hulle my loop soek.

    Hier is die feite.

    My ontvangs en geboorte (maar nie in daardie volgorde nie)

    Books have been written, more are being written; movies made, and undoubtedly, more in the making. The media have had a puppet to dangle and a dummy in which to plunge their swords. All have taken my words and thoughts, rephrased them, and published them with opposite meaning. Distortion, sensationalism and fabricated quotes were printed daily – so much so that life on earth no longer held valid meaning for me. Nor does it now. My body remains trapped and imprisoned by a society that creates people like me, but my mind has entered a chamber of thought that is not of this earth.

    – Charles Manson

    Ek het gekom, ek het gesien, en ek het gesing, maar nie altyd in daardie volgorde nie.

    My singery, soos ek reeds verduidelik het, was ook nie altyd baie nootvas nie. Dis nie nodig om mooi te sing as jy ’n protessanger is nie. Bob Dylan was ’n protessanger, en hy kon ook nie mooi sing nie.

    Dit werk so: die meeste sangers wat nie baie mooi kan sing nie, moet hulle reputasies op iets anders bou. Soos betekenisvolle lirieke. Om onder alle omstandighede betekenisvolle lirieke te skep, is egter bitter moeilik. Dit is hoekom jy sal vind dat die meeste sangers wat reputasies het vir hulle betekenisvolle lirieke soms geneig is om te mompel, of om hulle lirieke effens te kamoefleer met harde agtergrondmusiek. Of anders, soos in Bob Dylan en Hennie Aucamp se geval, vermom hulle die stukkies wat nie so betekenisvol soos die res is nie, deur dit in te klee in geweldig ingewikkelde taalgebruik of obskure rymdwang. Hulle vat byvoorbeeld ’n doodgewone girl soos Cheryl en noem haar Isis. Want al wat met Cheryl rym, is refill, en dis darem baie common. Behalwe dat Isis geweldig intens en mitologies klink, kan jy dit darem laat rym met crisis of licence (as jy egter laasgenoemde gebruik, moet jy effens mompel, want dit rym nie so lekker nie).

    Dit was net ’n bietjie agtergrond, vir ingeval daar sekere lesers is wat na die lees van hierdie boek vir die eerste keer een van my CD’s wil gaan koop. Wees gewaarsku. They can’t all be jewels. Vir elke mens wat mal is oor my musiek is daar twintig wat dit haat of nog nooit daarvan gehoor het nie. Laasgenoemde groep weet nie wat hulle mis nie. Eersgenoemde groep is egter geneig om my werk effens te oorskat. Story of my life, pun intended.

    Ek is al dikwels in my lewe verkeerd verstaan. Dalk moes ek minder gemompel het. Dalk moes ek minder obskure taalgebruik gehandhaaf het. Dalk moes ek liewer net mooi soppy liedjies oor Bloubergstrand se kernkragsentrale gesing het en die heavy stuff gelos het vir ander betekenisvolle sangers soos Johannes Kerkorrel en James Phillips. Maar wat help dit om te kla?

    My geboorte en vroeë jare het ek reeds redelik volledig gedek in die proloog asook in daai horrible boek, Somer II, wat gelukkig nou nogal moeilik bekombaar is. In Somer II het ek voorgegee dat my kinderjare een groot marteling was. Dis darem nie heeltemal waar nie, nee. Die feit dat die posman in Bellville per ongeluk een oggend my sandkasteeltjie omgeskop het toe hy haastig by die erf moes inkom, het my nie regtig so erg emosioneel geknak soos ek probeer voorgee het nie. Die buurman se dogtertjie, wat ek van die huis se dak afgestamp het om te kyk hoe werk die aantrekkingskrag van die aarde, is waarskynlik baie slegter daaraan toe, maar dit kan ek darem blameer op die Kinderensiklopedie. Wat al daai gesteelde koekies in Garlicks se teekamer en die omgestampte groen milkshakes in Friedman & Cohen betref, ja, daar was ek definitief skuldig. As kind het ek gefluktueer tussen verskeie personas: soms was ek ’n manipulerende tjankbalie, dikwels ’n wrede boelie en ander kere ’n angstige jong skrywer.

    Ja, ek skat ek moet dit nou maar erken. Ek hét my eerste roman getik – ja, ek moes dit tik (op my pa se tikmasjien, met drie kussings op sy stoel en my knieë op die boonste kussing), want ek kon nog nie skryf nie – op die ouderdom van vier jaar. Dit het gehandel oor cowboys in outer space. Nee, my broer het dit nie opgeskeur nie, hoewel dit ’n urban legend is wat ek self tot onlangs versprei het. Maar my broer het wel ernstige bedenkinge daaroor uitgespreek. As gevolg van hierdie ongevraagde kritiek het ek ’n hele jaar lank afgevat tussen kleuterskool en sub A (daar was toe nog iets soos sub A) om my skryfwerk te slyp. Ek hoef nie daardie jaar hier te beskryf nie. Dit is genoeg om die leser te verwys na George Orwell se haas onbekende boek Down and Out in Paris and London. Dit was ’n moeilike jaar. Dit was my eerste voorsmakie van die lewe van ’n voltydse skrywer. Die amperse tragedies met die posman en die bure se dogtertjie het in hierdie jaar gebeur. Ek het ’n sterker mens daaruit gekom. Ek het besluit sandkasteeltjies is vir die voëls, en ek het alle empiriese wetenskaplike navorsing gestaak. Ek glo daar is iets soos die wet van gravitasie. Ek hoef dit nie self uit te probeer nie, mens kry te veel pak. Newton se woord is vir my genoeg.

    Maar daar was ander kwellinge. Kwessies soos: hoe sou ek as outsider inpas by die gestruktureerde bestaan van die laerskool? En: gestel my broer is reg, en daar is nie cowboys in outer space nie. Mag ek dan glad nie so ’n storie opmaak nie (dit is immers fiksie)? Of: het my witrot self weggeloop of het die kat hom geëet?

    Ek was ’n ernstige jongeling, maar ek kon ook enige tyd net so hard met die mannetjies kuier.

    En ek moet sê, al klink dit soos spog, dat ek van vroeg af leierseienskappe openbaar het.

    Dit is dalk hier ’n goeie geleentheid om weer die storie van die kabouters op te dis. Want al het ek dit vantevore al vertel, deels in daai horrible boek, Somer II, en meer volledig in my interview verlede jaar met Org Potgieter in Tydskrif-Rapport, is dit alles waar.

    My ouers het my as kleuter nooit van kabouters vertel nie – my leesstof as kind was Die Kinderbybel, waaruit my ma my getrou elke aand geleer het, en ou Afrikaanse digbundels deur Totius en Toon van den Heever, wat maklik binne my bereik was omdat dit op die onderste rak van die boekrak in die lounge gestoor was – en toe ons juffrou in Bellville se Laerskool die storie vertel van kabouters wat die blare van die wingerde rooi en oranje verf in die herfs, was ek, uit die aard van die saak, skepties.

    Ek het besluit om my nog net een keer te wend tot die empiriese metode, maar om ’n treurspel soos met die vorige bure se dogter te voorkom, het ek hulp gesoek. Ek het my pa gevra om vir ’n week lank elke middag na skool saam met my tussen die plante van die tuin weg te kruip om te kyk of ons kabouters kan sien. Hy het geweier. Ek het besluit om inligting elders in te win. In die Kinderensiklopedie het ek die verskriklike waarheid ontdek: Blare word sélf in die herfs rooi en oranje. Dis as gevolg van chemiese prosesse in die blaar self. DIE JUFFROU HET DUS GEJOK!

    Ek was woedend. Van daardie oomblik het ek alles geboikot wat die juffrou gesê het. Ek het opgespring as ek moes sit. Ek het ander kindertjies se boublokkies omgestamp en dogtertjies se stoele onder hulle uitgetrek en geweier om enigiets met klei te maak. Ek het papiervliegtuigies gevou en hulle die wêreld vol gegooi, en die ander kinders geleer hoe om dit ook te doen. Ek het selfs die klaskaptein omgepraat om vir een dag lank saam met my weg te loop, maar na ons die volgende dag al twee pak gekry het, het hy my gedrop en weer vir die juffrou begin luister. Die papiervliegtuigies het mettertyd opgeraak. Ek was weer alleen.

    Okay, dit was hoofstuk een. Net gou ’n koffie-break vat, dan beskryf ek die verdere groot vormende gebeurtenisse van my jong lewe.

    ’n Bietjie seks

    History must not be written with bias, and both sides must be given, even if there is only one side.

    – John Betjeman

    Hier is ons nou al by die tweede hoofstuk en ek weet nog nie watse prentjie voor op hierdie boek moet wees nie. Is dit nie ironies nie? Jy, die leser, weet reeds, want dit is op die cover van die eksemplaar wat jy in jou hand vashou, maar ek weet dit nog nie. Niks in die lewe is maklik nie, nè. Anyway, ek het vir my ’n koppie koffie gaan maak en sit nou weer voor die computer. En ek wonder onwillekeurig: het ek nie dalk iets uitgelaat nie? Was die eerste hoofstuk wat jy so pas gelees het en wat ek so pas geskryf het, werklik die volle waarheid omtrent my voorskoolse jare? Wat van die seks? As hierdie boek regtig getrou aan sy titel moet wees, moet ek tog ’n bietjie seks insit. Daar was geweldig baie seksuele insidente in

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1