Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Oorsee: Die drama
Oorsee: Die drama
Oorsee: Die drama
Ebook82 pages1 hour

Oorsee: Die drama

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hulle het deur die woesteny geswerwe op soek na nuwe weiveld vir hul skaap en bees. Ná baie jare het hulle gekom in die land wat deur die Asem op die Water aan hulle gebelowe is. Maar die Vuur onder die Aarde het die versoeking oor hulle pad gebring. Hulle het ’n goue kalf gebou en hulle wette het gedwaal van dié van die Asem op die Water. Daarom het die Asem op die Water het dit laat reent en reent, sodat daar ’n groot see tussen hulle en ander volke gekom lê het. Maar toe raak die Fabelberg te klein vir al die volk. In Tertius Kapp se jongste drama bevind herkenbare vreemdelinge hulle op ’n onwaarskynlike skip. Die skeurbuik knaag, maar daar is darem nog af en toe iets om te braai, en algmampoer vir koerasie.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateAug 17, 2014
ISBN9780624070818
Oorsee: Die drama
Author

Tertius Kapp

Tertius Kapp het met sy debuut as dramaturg reeds die magiese formule vir aangrypende teater baasgeraak. Sy werk verken dikwels omstrede onderwerpe en getuig van ’n onkonvensionele perspektief op die teater-medium. Hy bestee ’n aantal jaar in die TV-bedryf, was dosent aan die Adam Mickiewicz Universiteit in Poznań, Pole en is tans verbonde aan Universiteit van Fort Hare. Vir Rooiland het hy twee Fiesta-toekennings gewen, sowel as die Smeltkroes-prys by Clover Aardklop.

Related to Oorsee

Related ebooks

Related articles

Reviews for Oorsee

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Oorsee - Tertius Kapp

    OORSEE

    TERTIUS KAPP

    TAFELBERG

    Oorsee is vir die eerste keer opgevoer by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in September 2013. Die geselskap was:

    Regisseur: Wolf Britz

    Vervaardiger: Saartjie Botha

    Kostuums: Lucy Jane Turpin

    Klankontwerp: Pierre-Arnold Theron

    Beligtingsontwerp: Albert Snyman

    Produksie-assistent: Elisha Zeeman

    Verhoogbestuurder: Alma Rossouw

    Produksiebestuurder: Jaco Notnagel

    Akteurs

    Mossie: Gerben Kamper

    Jos: Brendon Daniels

    Eeufeesia: Nicole Holm

    Abrie: Geon Nel

    Canola: Karli Heine

    Verskeie stemme praat saam in hierdie teks – lesers sal die invloed kan raaklees van onder andere Sławomir Mrożek, Marek Piwowski en Janusz Głowacki, William Shakespeare, Sint Brandaan, John Milton, J.M. Coetzee, Stanisław Lem, Leon Schuster en Moses. Direkte aanhalings word in die teks aangedui.

    Met dank aan Marguerite Robinson, Maja Jagielska, Natalia Brzozowska, Willem Anker, Liezl Dick en Francois Smith, asook aan Cormac MacAindir vir die hulp met die Esperanto-gedeeltes.

    DEKOR

    Die ruimte waarin die handeling geskied, is ’n skip onderweg na ’n onsekere bestemming. Alles is geroes. Op die dek is daar ’n verslete strandsambreel, die kraaines van ’n skeepsmas wat die gewig van een akteur kan dra (en wat vir die epiloog dalk ook ’n boom kan word), ’n skipstuur, ’n groot kis wat ook dien as tafel, ’n waterherwinningsmasjien, ’n aantal klokkies wat in die wind kan lui en ander snuisterye wat oor die jare versamel is. Dalk is daar ’n olyfboompie. Eetgerei soos borde, glase, messe of vurke kan op verskillende plekke hang. Die dekor kan óf realisties, óf as lighartige parodie aangewend word.

    KOSTUUMS EN GRIMERING

    Die kostuums laat ’n mens dink aan iets tussen ’n postapokaliptiese strandpartytjie en ’n Dürer-skildery. Almal se hare is gekoek en vol sout en vuilgoed. Almal is sonverbrand, sodat die oues gesout en gehard lyk en die jonges blakend gesond. Parodieë van strand- en swemdrag kan gedra word, byvoorbeeld halwe sonbrille of -hoede. Karakters se uitrustings kan verband hou met hul funksie op die skip.

    KARAKTERS

    Mossie (Marius Waterboer)

    ’n Ontnugterde volksvader, so oud soos die berge. Hy kan digters vrylik aanhaal. Hy het ’n leerbaadjie, dalk handgemaak, styf van al die sout, maar dra dit nie noodwendig altyd nie. Hy het ’n vishaak wat ook as kruk en kierie dien, en soms as wapen. In hom skuil ’n potensiële gesinsmoordenaar. Hy is ’n samestelling van kaptein Hermanus van Wyk, Jan Spies en N.P. van Wyk Louw. Sy aksent is Namakwalands, wat sy abstrakte woordkeuses ongewoon laat klink. Wanneer hy groot woorde gebruik, spreek hy hulle versigtig en nadruklik uit, sonder om die indruk te skep dat hy daarmee sukkel – trouens, hy kan dit dalk met ’n mate van ironie doen.

    CANOLA se pa.

    Jos (Josua Verfkan)

    ’n Lang, brandmaer burokraat. Hy oorleef op geloof en alkohol. Hy vrees ’n sikliese beskouing van die geskiedenis, en sy gemoedstoestand wissel tussen oordadige optimisme en volslae moedeloosheid. Sy alkoholisme is duidelik sigbaar aan sy geel gelaatskleur. Hy probeer om ABRIE en CANOLA nader aan mekaar te bring, maar kyk self wellustig na haar. Hy praat Dominee-Afrikaans.

    EEUFEESIA se man en ABRIE se pa.

    Eeufeesia Verfkan

    ’n Formidabele, gemoedelike, maar ook honger volksmoeder. Sy is die spil waarom die spul wentel. Huisvriende met tant Sannie van The Story of an African Farm. Sy maak haar eie vroulikheid dikwels die gespreksonderwerp. Langs haar lyk ’n man soos Jos soos ’n swakkeling. Sy is direk en pragmaties. Sy praat ’n gemoedelike noordelike Afrikaans met melodieuse intonasies.

    JOS se vrou en ABRIE se ma.

    Abrie (Abraham Verfkan)

    Effense boepie. Dra miskien ’n ou, verslete WP-trui. Goed met sy hande. Dom maar nie kwaadwillig nie. ’n Slagoffer van sy drifte. ’n Quasimodo. Hy praat plat hedendaagse Afrikaans.

    JOS en EEUFEESIA se seun.

    Canola Waterboer

    Yo-Landi Vi$$er as sy op Noag se ark was. Sy is intelligent, nukkerig, naïef en oënskynlik onbewus van haar begeerlikheid. Sy dra ’n Voortrekkerkappie, sjoebroekie en ’n reddingsbaadjie. Die oogappel van haar pa, en die kragopwekker tussen die ander karakters. Sy praat Afrikaans met ’n effense Kaapse aksent.

    MOSSIE se dogter.

    Daar word doelbewus geen aanduiding van karakters se velkleur gegee nie.

    1

    Dit is donker op die verhoog. JOS neurie Sal ons ou vriende ooit vergeet. MOSSIE hoes, ’n lui emfiseemhoes wat ’n mens laat ril. Die ligte gaan aan terwyl JOS ’n kurkprop van ’n bottel laat afskiet. MOSSIE staan eenkant op sy kruk en leun voor iets wat lyk na ’n selfgemaakte braaitoestel. Die vlamme speel oor sy gesig. CANOLA sit in die kraaines en kyk deur ’n gebreekte verkyker; kort-kort prop sy ’n olyf vanuit ’n bakkie op haar skoot in haar mond. EEUFEESIA sit onder ’n verslete sonsambreel en waai haarself koel.

    EEUFEESIA Nou is ons waaragtigwaar op ons laaste.

    JOS Sal ons ietsie drink …?

    EEUFEESIA Ja, hygend hert, hierdie son suig die laaste klamte uit my uit.

    MOSSIE praat

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1