Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Apocrypha
Apocrypha
Apocrypha
Ebook133 pages55 minutes

Apocrypha

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Apocrypha is ’n bundel ironiese-satiriese gedigte.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJul 17, 2016
ISBN9780624078487
Apocrypha
Author

M. M. WALTERS

Mattys Michielse Walters is op 23 Januarie 1930 op Moorreesburg in die Swartland gebore. Hy matrikuleer aan die Hoër Jongenskool op Wellington, en na skool gaan studeer hy aan die Hugenote Universiteitskollege op Wellington. Hy sit sy studie voort aan Unisa, asook aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy in 1972 sy MA-graad behaal onder leiding van prof. Merwe Scholtz. MM Walters gee onderwys in Natal, by SACS in Kaapstad en op Ladismith. Hy is daarna ’n dosent by die Onderwyskollege op Graaff-Reinet, Paarlse Onderwyskollege en die Universiteit van Kaapstad, tot en met sy aftrede. Sy eerste digbundel, Cabala, verskyn in 1967 en word met drie pryse bekroon: Eugène Marais-, Ingrid Jonker- en WA Hofmeyr-pryse. Hy het bekendheid verwerf as ’n satiriese digter, en daar verskyn later nog vyf digbundels. MM Walters het ook ’n hele paar dramas geskryf, asook reis- en kontreiboeke oor sy grootwordwêreld, die Swartland en omgewing.

Related to Apocrypha

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Apocrypha

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Apocrypha - M. M. WALTERS

    M.M. WALTERS

    APOCRYPHA

    Tafelberg

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Apocrypha mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Uitgewersnota

    NB-Uitgewers se digitaliseringsprojek het die maatskappy voor verskeie geleenthede en uitdagings te staan gebring. Die vryer toegang wat so ’n projek meebring, beteken dat literêre tekste uit verskeie eras nou vir enige leser met internet-toegang, binne en buite biblioteke en oor landsgrense heen, maklik beskikbaar raak. Dit is ’n geleentheid wat waarskynlik vele uitkomste sal hê – sommige voorspelbaar, ander nie. Dit is egter ook ’n uitdaging, aangesien daar redelik verwag kan word dat die biblioteekleser, of die leser wat moeite doen om ’n bepaalde ouer teks in die hande te kry, ’n leser is wat historiese konteks en die veranderende norme van sosiopolitiese aanvaarbaarheid begryp.

    Hierdie kwessie is al in ander kontekste aangepak, met wisselende sukses. ’n Bekende voorbeeld is die bowdlerisation van Mark Twain se Huckleberry Finn, wat handel oor die slawegeskiedenis in Amerika. In ’n land soos Suid-Afrika is dit veral belangrik om by die lees van ouer tekste die nodige begrip vir konteks te hê. Die betekenisse van woorde – en veral hul konnotasies – verander met tyd. Perspektiewe wat in vroeër eras aanvaarbaar of selfs progressief was, is dalk nou rassisties, diskriminerend, of neerbuigend. Sommige tekste kan dus maklik vanuit ’n hedendaagse perspektief onregverdig kritiek ontvang. Die leser moet natuurlik ook kennis neem dat die norme waarvolgens hy tans oordeel, binne ’n aantal dekades ook sal verander.

    Die beginsel wat gevolg is in hierdie projek, is een van deursigtigheid en eerlikheid. Daar is dus geen poging aangewend om sensitiewe woorde te vervang of verouderde perspektiewe aan te pas nie. Buiten tipografiese korreksies en hier en daar modernisering van spelling (alhoewel ook dit meestal vermy word), is hierdie tekste digitaal gepubliseer soos hulle oorspronklik in boekvorm verskyn het. Dikwels is ook afwykende skryfwyses onveranderd gelaat – of dit drukfoute of aanvaarde vorme was, is moeilik te bepaal, en ter wille van die navorser word die oorspronklike vorm dan behou, tensy dit leesbaarheid beïnvloed.

    Hierdie besluit is bewustelik geneem om getrou te bly aan die geskiedenis, en om standpunt in te neem teen die vervalsing daarvan. Die uitgangspunt is dat ’n etiese benadering vereis dat daar met nugter oë gekyk word na die maniere waarop denkwyses in die literatuur neerslag gevind het. Pogings om dit agteraf anders in te kleur, doen onreg aan die ernstige leser se behoefte om daaruit te leer, en begaan ’n dubbele sonde as dit die teks én die eietydse leser neerbuigend wil behandel. Elke leser sal sy eie oordeel bring. Die wonder van die digitale era is hoe maklik dit vir elke ander leser is om dieselfde te doen.

    APOCRYPHA I

    Maar de overpriesters en de ouderlingen hebben de

    scharen aangeraden. – Mattheüs 27:20.

    Christus, dis maar altyd jy, altyd jy,

    destyds net soos nou –

    elke dag word jy opnuut gekruisig.

    Wat baat die redekawel dan

    as die lot tog reeds beslis is?

    Jy sal nie meer aan die swetende gesigte dink,

    die géselhou word niks

    wanneer jy jou vriende soek,

    maar in die môre net die haan hoor koggelkraai.

    Die lang bruin kruis

    sal jy alleen onder die genadelose mense dra,

    want vir wie sal ons in hierdie wêreld

    verlossing van die opdrag vra?

    Die krimphou in die sy,

    die spuug –

    die hart moet eers breek

    voordat die bloed lafenis is.

    Maar die koning moet gekruisig word

    en daar is geen Elias meer wat red,

    ook god is dood.

    Jy moet maar met die diewe praat,

    want die kruisdood is so eensaam,

    en as die son ondergaan,

    hang jy alleen in die wind.

    O seun! O heilige seun,

    wat het hulle jou nie aangedoen nie!

    En pous Paulus sit uitgetof

    in sy kerklike skarlaken.

    APOCRYPHA II

    In die dagen waren er reuzen op de aarde . . .

    En de Heere zag, dat de boosheid des menschen

    menigvuldig was op de aarde, en al het gedichtsel der

    gedachten zijns harten te alle dage alleenlijk boos

    was. – Genesis 6:4-5.

    Die wêreld word weer water, want

    die boosheid van die seuns van God

    vloei soos ’n swelgvloed oor die land.

    Die reuse wat die veer hanteer,

    skryf anders as die klip dikteer,

    hul ontbloot die dogters van die mens,

    beweeg stormend voort oor elke grens,

    en alles wat onbetwis en heilig was,

    word ondersoekend met die woord betas.

    Die vroetelende vark

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1