Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die nag van legio
Die nag van legio
Die nag van legio
Ebook112 pages1 hour

Die nag van legio

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die nag van legio is Du Plessis se debuutdrama. Die karakters in die drama is almal geestelik versteurd en die handeling word in een nag voltrek. Hierdie drama besorg aan hom die W.A. Hofmeyr-prys in 1970 en die Hertzogprys in 1972.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJul 17, 2016
ISBN9780624078289
Die nag van legio
Author

PG du Plessis

Pieter George (PG) du Plessis is op 14 Julie 1934 op Boshof in die Vrystaat gebore. Hy matrikuleer aan die Hoër Volkskool op Heidelberg. In 1955 behaal hy ’n BA-graad in Afrikaans-Nederlands en Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria. PG du Plessis behaal in 1966 sy doktorsgraad onder NP van Wyk Louw oor Die verwysing in die literatuur. Later is hy ’n direkteur by die RGN, eindredakteur van die tydskrif Standpunte, assistentredakteur van die dagblad Die Transvaler en ook redakteur van Hoofstad. PG se eerste drama Die nag van legio verskyn in 1969. Hy ontvang die Hertzogprys vir drama in 1972 vir Legio en Siener in die suburbs. Hy word ook bekend vir Koöperasiestories wat tot TV-reeks verwerk is. Hy was die draaiboekskrywer vir die TV-reeks Feast of the Uninvited wat later verwerk is tot sy roman Fees van die ongenooides wat in 2008 verskyn het. Hy is in 2017 oorlede.

Read more from Pg Du Plessis

Related to Die nag van legio

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die nag van legio

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die nag van legio - PG du Plessis

    P.G. DU PLESSIS

    Die Nag van Legio

    Tafelberg

    Vir Truida Louw

    He hath still the nature though not the perfection of an Angel, and though he be inferior to them, whose equal originally he was in all kinds of endowments, yet still he retains so great a superiority over the Elementary, Sensitive and Intellectual part of the world, as that he is not only dreaded for his power which he puts forth in wonderful effects; but is also adored for his wisdom and knowledge as a God, by many nations in it.

    PERSONE

    DOGOMAN

    ’n Ou man met verskrompelde hande

    DIRK JOOSTE

    In die dertig

    OUBAAS MENGE

    Naby sestig; mynwerker

    CHARLEY VAN ZYL

    Twintig; vakleerling

    CLAASSENS

    Vyf en veertig; klerklik

    JAKKIE

    In die twintig

    DOKTER

    Tipies

    VERPLEËR

    AANWYSINGS

    ’n Saal in ’n inrigting vir sielsiekes. Hoë vensters regs en agter; ook weerskante van ’n deur links. Dié deur het nie ’n knop nie. Langs die deur ’n klokkie. Die hoë vensters laat ’n tronk-indruk; het tog donker, hooghangende gordyne voor. Die saal lyk klinies: wit vlakke, moontlik met staatsdiensgroen onder.

    Verhoog verkieslik nie te diep nie.

    Vyf tipiese, steltpotige hospitaalbeddens staan met hulle koppenente teen die muur verste van die gehoor af. Elke bed het sy kassie en nagliggie. Op die kassie voor die middelste bed staan ’n pop. Ook regs voor is daar ’n nagliggie teen die muur. Aanduidings dat daar dié nag getrek word, kan na smaak en gerief bygevoeg word – opgestapelde stoele, kaste wat rondstaan. Die spelers beset aanvanklik die volgende beddens: van regs na links: Jakkie, Oubaas, Dirk, Claassens, Charley.

    Almal, behalwe die dokter en verpleër, is in nagklere geklee. Kamerjasse het geen toue nie.

    Eerste Bedryf

    Then steps forth a Divell of venerable

    aspect and saith …

    Dirk en Oubaas op met Jakkie tussen hulle. Oubaas betoog heftig terwyl hulle Jakkie na sy bed help.

    OUBAAS. … maar kyk sy pote, man, sy póte! Kyk, my kontensie is dít: (Gaan staan, bring die groepie tot stilstand, trek hom reg.) soos Jakkie nou hier sy paar bene staan en gebruik, nét so, en ek sê, nét so, kan hy mos sy broek ook aantrek, en nét so kan hy mos sy eie bed in die hande kry. (Té hard in Jakkie se oor.) Jakkie, my ou maat, jy moenie dink jy kan vir Oubaas Ménge ore kom aansit nie.

    DIRK. Oom Oubaas, los tog nou maar die vent. Dit help nie om vir ’n muur te staan en skree nie. Kom, ons is tog nou amper klaar.

    Groepie beweeg weer; steek vas as Oubaas gaan staan.

    OUBAAS. Múúr, sê jy? Maar vir wat, vra ek jou, Dirkie, vir wát moet ons elke goddelike aand sy boude vir hom was? … en hom dan nog tot hier sukkel? En die man is soos ’n mal skaap! – hy wil gedurig alkant toe. Vannag foeter hy weer hoeveel keer uit die bed uit! Die man sit aan, sê ek jou. As hy sy pote kan gebruik, hoekom … hoekom kap sy kop dan aan? Ek vrá jou?

    DIRK. Oom, dit help nie om opgewonde te raak nie.

    OUBAAS. Ja, man, maar die vent dink dis ’n hotel. Ek is nie hier om te bedien nie!

    DIRK. Nie een van ons is hier om te bedien nie.

    OUBAAS (vat vlam). Luister, boetie, jy’t saam met my geloop van die stortbad af – die man slaat sommer ’n rígting in … en ek sê dis nie ’n hotel nie. As sy kop met sy pote kan werk, dan kan hy rígting ook hê. Ek sê dis nie ’n hotel nie.

    DIRK. Oom, ons is nie in ’n hotel nie. Hy is nie, ek is nie, en oom Oubaas ook nie – oom weet goed genoeg waar ons is.

    OUBAAS. Gaats, ja. (Ontstemd.) Ek weet … maar …

    DIRK. Los die maars, oom.

    OUBAAS (probeer verleentheid verberg). Jy meen dis van al die maars dat ons al so lyk.

    DIRK. Dis nie van die maars dat ons in hierdie plek is nie, maar in hierdie plek moet ons hom maar vat soos hy kom, my oom.

    OUBAAS. Maar die man wil dan júis nie kom waar hy moet nie.

    DIRK (geduldig). Ons moet maar aanvaar dat die maars hier te diep lê om by te kom.

    OUBAAS (sonder agslaan). Ja, maar hy lóóp dan reg. Dis net … Kyk, my kontensie is só …

    DIRK. Ek ken oom se kontensie.

    OUBAAS (pruttel nadenkend). As mens net so bietjie rígting in die man kan kry. Sowat van verkeerd wegkarring, het jy in jou lewe nog nooit gesien nie. Hy’s soos ’n ding wat jy opwen en los – hy vat sommer koers. (Skielik vertroulik-heulend.) Dirkie, kom ons sit hom aan die gang hier na die muur toe.

    DIRK. Oom, ons het genoeg moeilikheid gehad vir een aand.

    OUBAAS. Dirkie man, ons tóéts hom. Loop hy hom desmoers teen die muur, dan’s jý reg. Briek hy, dan wen ek. Kom ons sit ietsie op. Ek sê hy briek …

    Charley op. Hy gooi ’n lang leergordel vir Dirk.

    CHARLEY. Vang!

    OUBAAS. Nou wil jou wragtag!

    CHARLEY (val op sy bed). Julle bestel, Charley kry hom.

    DIRK. Charley, waar kry jy die goed?

    CHARLEY. Sommer so hier en daar, so hier en daar.

    OUBAAS. Ek kan nie eers ’n twakkie hier inkry nie.

    CHARLEY. Mens moet net die ous uitkyk. Ou Charley kyk hulle uit. Kyk hulle uit, ou Charley. Ou Charley kan altyd ’n dingetjie doen.

    OUBAAS. Net nie skerpgoed soos laas nie.

    CHARLEY. Net so bietjie uitkyk-uitkyk, Charley my ou.

    DIRK. Nou wáár ons hom kry, maak nie saak nie. Vannag slaap ons weer.

    CHARLEY. ‘Touch wood.’

    OUBAAS. Nee, vannag laat ons hom vaslê. Sy pote moet maar vannag in die lug skop, dalk kry hy koers boontoe.

    DIRK. Ons moet dan maar vasmaak.

    OUBAAS. Strêp hom op!

    CHARLEY. Net onder die komberse, net onder die komberse – ou Charley wil nie weer sit en storietjies uitdink nie.

    DIRK. Dis darem nie so gevaarlik soos jou messe was nie.

    CHARLEY. Maak nie saak nie, dis ’n ophangding, selde as mes. (Pluk aan sy kamerjas.) Nie ’n tou nie, hè, Charley? Hulle sal nie vir Charley kan stop nie.

    OUBAAS. Onder die bed deur, Dirkie. Gooi die gesperkant deur.

    DIRK. Het oom hom?

    OUBAAS (begin gordel vasmaak). Hy’s so goed as gestrêp.

    DIRK. Nie so styf nie, oom.

    OUBAAS. Na al die slaap wat hy my gekos het, kan ons hom net sowel aan sy gorrel vasstrêp.

    CHARLEY. Die ou ballie is moeilik vanaand, hè, Dirkie? Hy dink ons het nie gesien hoe hy ou Jakkie in die bed sit nie.

    OUBAAS (skielik kwaad). Jy bly uit my uit.

    DIRK. Daardie storie moet julle twee laat staan. (Gooi die komberse oor.) Kan jy iets van daardie kant af sien, Charley?

    CHARLEY. Nee, hy’s reg, Dirkie. As Charley hom nie kan sien nie, kan niemand hom sien nie.

    Claassens op. Hy kom stadig deur die deur links, terwyl hy die vloerplanke

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1