Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

75 Rand
75 Rand
75 Rand
Ebook147 pages1 hour

75 Rand

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Meer as 7,500 reeds afgelaai!

Waldo Leroux stap deur sy lewe om sy oorlede ma, Anita, te ontmoet en sin te probeer maak uit haar lewensverhaal.

Anita het een groot swakheid gehad, wat Waldo se lewe onherroeplik gekleur het, van so vroeg as sy agtste lewensjaar.

Stap saam met Waldo op sy emosionele reis: Anita se dramatiese laaste dae. Vier en twintig jaar se saamreis. Sketse van ander soortgelykes op Waldo se pad. 'n Verrassende ontmoeting beskryf die afsluiting, of is dit dalk 'n begin vir Waldo …?

Beskikbaar by meeste aanlyn boekwinkels.

75 Rand vertoon aangrypende stukke lewensreis, soos vertel deur die seun van 'n vrou. 'n Pragtige, talentvolle vrou, met een groot swakheid. Grafies, self-soekend, emosioneel belaai, humoristies by tye. Die verteller loop deur sy eie lewe om met 'n reis te begin. 'n Sterfte, 'n lewe en interessante ontmoetings met ander alkoholiste en drankgeaffekteerdes open 'n nuwe wêreld vir die leser.

Lang beskrywing

Dood.

Hoekom?

Het ek haar …?

Dood.

Hoekom!

Het sy self …?

Dood.

Hoekom?

'n Storie van 'n sterfte, lewe en mense, met ʼn knerts whisky.

Jy word uitgenooi om meegevoer te word op 'n stuk lewensreis, soos beskryf deur die seun van 'n vrou.

Onthul as 'n pragtige- en talentvolle argitekstekenaar, kunstenaar, gade en 'n ma van twee. In haar soektog na vrede?, liefde?, is sy gebreek op onheilspellende rotse, vlak onder die oppervlak van 'n goudgeel oseaan, oor drie stormagtige dekades.

Die verhaal ontvou in drie dele:

Waldo Leroux begin met 'n helder, emosiebelaaide vertelling van sy ma, Anita, se dood op 27 Desember 1999, asook die maande in aanloop tot en ná afloop van daardie dag.

Hierna word die horlosie teruggedraai om 'n selfsoekende en -ondersoekende reis te onderneem deur sy lewe as sy ma se seun. Hy diep kristalhelder herinneringe van pyn en plesier op, van so ver terug as sy voorskoolse jare. Stap daarna deur sy skool- en vroeë werksjare in aansluiting by die eerste hoofstuk.

Laastens deel Waldo sy interessante ontmoetings en verhoudings met sommige alkoholiste en ander dronk mense. Hy sien deur die geraas geskep deur hul mot-om-'n-kers gedragspatrone en ontdek hul doodgewone, beeldskone menslikheid.

Die boek sluit af: Waldo ontmoet en groet vir Anita in ʼn persoonlike brief.

LanguageAfrikaans
Release dateAug 13, 2017
ISBN9781386807131
75 Rand

Related to 75 Rand

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for 75 Rand

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    75 Rand - Werner Schmidt

    VOORAF

    Dood.

    Hoekom?

    Het ek haar ...?

    Dood.

    Hoekom!

    Het sy self ...?

    Dood.

    Hoekom?

    .

    ’n Storie van ’n sterfte, lewe en mense, met ʼn knerts whisky.

    .

    JY WORD UITGENOOI OM meegevoer te word op ’n stuk lewensreis, soos beskryf deur die seun van ’n vrou.

    .

    Onthul as  ‘n pragtige- en talentvolle argitekstekenaar, kunstenaar, gade en ‘n ma van twee. In haar soektog na vrede?, liefde?, is sy gebreek op onheilspellende rotse, vlak onder die oppervlak van ’n goudgeel oseaan, oor drie stormagtige dekades.

    .

    Die verhaal ontvou in drie dele:

    Waldo Leroux begin met ’n helder, emosiebelaaide vertelling van sy ma, Anita, se dood op 27 Desember 1999, asook die maande in aanloop tot en ná afloop van daardie dag.

    .

    Hierna word die horlosie teruggedraai om ’n selfsoekende en -ondersoekende reis te onderneem deur sy lewe as sy ma se seun. Hy diep kristalhelder herinneringe van pyn en plesier op, van so ver terug as sy voorskoolse jare. Stap daarna deur sy skool- en vroeë werksjare in aansluiting by die eerste hoofstuk.

    .

    Laastens deel Waldo sy interessante ontmoetings en verhoudings met sommige alkoholiste en ander dronk mense. Hy sien deur die geraas geskep deur hul mot-om-’n-kers gedragspatrone en ontdek hul doodgewone, beeldskone menslikheid.

    .

    Die boek sluit af: Waldo ontmoet en groet vir Anita in ʼn persoonlike brief.

    .

    27 Desember, 2023

    BLOEMFONTEIN

    I  Ek begin by 'n einde

    Hoofstuk 1 – Nou hel

    [KAN GESING WORD OP die wysie van The First Noel]

    .

    Refrein

    .

    Nou hel, nou hel

    Haar dae getel

    Dertig jaar whisky

    het haar neergevel

    Hoofstuk 2 – 27 Desember 1999

    18:30

    Pretoria Akademiese Hospitaal (H.F. Verwoerd).

    .

    Die dokter aan diens by die intensiewesorgeenheid kom roep ons. Ons loop die kamer binne. Dit voel koel, koud.

    .

    Sy lê daar, stil.

    .

    Steeds bewusteloos. Hartklop op die monitor, wisselend. Die dokter praat van groet.

    .

    Vat aan uitgeteerde arm. Koud. Nog altyd ’n koulike mens. Wag vir die flatline op die hartmonitor,  soos in mediese TV-programme, maar dit kom nie. Dit kom nie.

    .

    Net ʼn onvoorspelbare gefladder van ‘n vlinderhart. Lewe sy, of lewe sy nie?

    .

    Is sy dood?

    .

    Daar is ’n sekere momentum aan die masjiene waaraan jul ma gekoppel is. Sy is dood, verduidelik die dokter.

    .

    Dus gaan ek nie my dramatiese laaste-asem-uitblaas van haar kry nie? Hoe lank is sy al dood? Terwyl julle tee gedrink het? Hoe weet jy sy’s dood? Wie’s jy om vir my te vertel daar’s nie meer hoop nie?

    .

    Ek buk af en gee Ma ’n laaste soen op haar voorkop. My lip talm ‘n oomblik lank op koue klip. Ek wou by haar mond uitkom maar daar die dreineerpyp maak dit onmoontlik, tesame met ’n suurstofpypie in haar neus.

    .

    Sy het veral in die laaste maande benadruk hoe sy nie ‘n soenmens is nie. Netsoos Oupa.

    .

    Sy was 52 jaar oud. Het sy 40kg geweeg?

    .

    My suster hardloop uit die aand in en ek agterna. Ons staan in ’n kringetjie mekaar en vashou, saam met haar vriend en my meisie. Ons huil.

    .

    Ons sou vir Ma hiérdie keer regruk. Vir eens en vir altyd.

    Dinge het nie volgens my plan verloop nie.

    .

    Hoofstuk 3 – 25 Desember 1999

    EK EN MY MEISIE MOET haar gaan oplaai om die dag saam by haar familie deur te bring. My suster hou by my pa Kersfees. Sy maak die deur oop, valer as gewoonlik. Ek soen en druk haar. Sy is die ene bewerasies, vel en been in my arms.

    .

    Die OTM het my kaart ingesluk. Kan jy vir my R75 leen?

    .

    Ek kliek: die klok is aan die aftel.

    .

    Dit het al tweede natuur geword by my. Ek het immers saam met hierdie mens grootgeword. Hoeveel keer vantevore het sy nie deur onttrekking en ineenstorting en rehab gegaan nie? Been there. Done that.

    .

    Sal ons ry? sê-vra ek. Sy kom uit en trek die deur toe.

    .

    Dis Kersfees, dit sal darem seker nie vandág gebeur nie?

    .

    ’n Jaar of wat, voor hierdie Kersdag, het ek by haar gebly toe ek vir ’n eksamen voorberei het. Ek sou soms in die nanag wakkerskrik wanneer sy die huis bewandel omdat haar lyf haar wakkergemaak het om te gaan ‘optop’.

    .

    Hierdie is my normaal.

    .

    Die internis wat Ma behandel het met haar onttrekkingsepisode gedurende 1997, het gesê, Haar liggaam sal nie weer ʼn soortgelyke proses kan hanteer nie. Ek besluit dat sy okay behoort te wees as sy binne ’n redelike tyd by ‘n OTM kan uitkom.

    .

    Wat kan ek in elk geval nóú doen? Ons moet by die familie uitkom en drankwinkels is boonop toe op Kersdag. Ek kan tog nie by ’n restaurant aandoen vir ’n oop bottel whisky nie! In ieder geval sou sy waarskynlik vir my vra, Nou wat de f*k moet ek met hierdie whisky doen?

    .

    Ek besluit om deur te druk met die familie-afspraak en om haar daarna so gou moontlik weer by die huis te kry. Dat sy die vakansiedae kan uitwag en ’n drankwinkel teen die 27ste, of dalk al die 26ste, kan nader vir ’n bottel vrede. Ons ry dus na haar broer se plek in die natuurreservaat. Ma het ’n groot sonbril op. Haar gesig het vergeel en geswel oor die laaste weke.

    .

    My neefs en niggies is na hul onderskeie skoonouers vir die dag, dus is dit ek, my meisie, ooms, tannies, Ma, Oupa en Ouma. Die dag verloop in ’n ligte luim soos altyd by my ma se familie en dit gee my gemoed vir ‘n rukkie vlerke.

    .

    Ma bewe al hoe meer. Sy rook ʼn paar sigarette eenkant terwyl ek naby haar rondstaan. Sy sukkel om die sigaret by haar mond uit te kry.

    .

    Die kos word bedien, heerlike braaikos, soos altyd by my ma se familie. My aptyt laat my nie in die steek nie en ek smul behoorlik aan die keurige bord kos. Ma eet een hap. Haar mes en vurk bewe, klingel teen haar bord en die geselskap word vir ‘n oomblik stil. Sy sit haar mes en vurk neer, leun effens agteroor en kreun so ’n bietjie, terwyl sy haar maag vashou. Sjoe, dit was nou lekker, maar ek is nou heeltemal versadig.

    .

    Ek eet my nagereg, sy nie. ‘n Haastigheid kom sit in my bors en nadat ons gegroet het, verlaat ek, my meisie en die wandelende sonbril die byeenkoms. Het die oorblywende familielede enigiets bespreek rondom die gebeure? Na wat voel soos ’n ewigheid, laai ek vir Ma by haar huis af, omtrent ’n kilometer en ’n half van my pa se huis af waar ons nog tot 1995 as ‘n gesin saam gewoon het.

    .

    Ek soengroet die bewerasie en gee haar ‘n druk. Ek draai om en dink: Gaan drink tog

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1