Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Keur van verhale 2: Maak dit saak
Keur van verhale 2: Maak dit saak
Keur van verhale 2: Maak dit saak
Ebook90 pages1 hour

Keur van verhale 2: Maak dit saak

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Maak dit saak... ja, storie-skryf maak baie saak. Kortverhale is al vir baie jare as ‘n goeie tydverdryf beskou. Met Keur van verhale bring ons weereens goeie kortverhale na die leser, want ‘n goeie storie raak nie oud nie en moet vir die nageslag bewaar word.
Die Boekehuis Skrywers het hul weereens oortref met keurige kortverhale in dié bundel.
Stories saamgevat in die bundel is:-
Die son se laaste goud- Velma Barnard
Liefste fliekvlooi - Rosalee Meyer
Die uitverkoping - Piet Saayman
Bang Danie...Dooie Danie - Jessica Venter
Valentynsdag - Piet Saayman
Boekwurm - Piet Saayman
Andrea se D-dag - Leandra Naude
Seerower in satyn - Sonja Brown
Sakkie gaan Jo’burg toe - Sonja Brown
Maak dit saak - Martelize Faber
Lang pad - Marlize Prins
Draghoender debakel - Sonja Brown
Bicycle se carrier - Jessica Venter

LanguageAfrikaans
Release dateSep 29, 2017
ISBN9781370666911
Keur van verhale 2: Maak dit saak
Author

Potpourri Members

The authors are all members of our facebook group

Related to Keur van verhale 2

Related ebooks

Related articles

Reviews for Keur van verhale 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Keur van verhale 2 - Potpourri Members

    Die son se laaste goud

    

    Velma Barnard

    Spanje is pragtig. Die land leen hom toe aan goue oomblikke gesluit in kuiertjies saam met vriende, middag siestas om die ergste hitte te ontduik en druiwe boorde wat kreun onder die vrag van hul skat.

    Carmen hardloop deur die prieel en giggel verspot terwyl sy probeer wegkom van Ricardo af. Hulle speel gereeld die soek en wegkruip spel tussen die boorde. O Carmen...ek hoor jou. Ek gaan jou vind. Carmen giggel weer en gaan sit dan agter 'n ruig druiwe plant. Sy probeer om geen geluid te maak nie, maar haar giggel duik telkens op.

    Ricardo loop katvoet deur die boord op soek na die donkerkop wat sy hart so warm laat klop. Hy het haar 'n paar minute gelede nog in hierdie rigting hoor lag.

    Carmen en Ricardo se ouers is van die mees welgestelde druiwe boere in die streek en buiten dat die twee jongmense mekaar reeds van kindsbeen af ken was hulle nog altyd dol verlief op mekaar. Ricardo het op Paasfees verlede jaar vir Carmen se ouers gevra of dit hul goedkeuring sal wegdra indien hy hul dogter om haar hand vra. Carmen se ouers was verheug oor die jongman se versoek.

    Consita en Carlos se drome vir hul dogter was verwesenlik. Hul dogter het die beste dames slypskool in Europa bygewoon en sal vir enige aspirant kêrel net ‘n aanwins wees. Carmen loer agter die plant uit en voel hoe 'n arm haar van agter om haar lyf gryp. Whoaaa! gil sy. Ricardo jy is onmoontlik! Dit is die laaste gedagte wat Carmen onthou. Die donker het haar so vinnig omvou.

    Ricardo hoor hoe Carmen sy naam uitroep. Hy hardloop in die rigting vanwaar hy haar gehoor gil het. Op die grond voor hom sien Ricardo skuifel merke en voetspore wat weglei in die rigting van die plaas se grensheining. Hy begin draf in die rigting van die voetspore. Ricardo sien die laning wat langs die heining afloop. Hy hoor 'n voertuig se enjin wat aanskakel. Dan sien hy hoe 'n wit trokkie wegry terwyl hy na die heining draf. Stop! Wag! Sy magtelose gille weergalm in sy ore. Hy bid dat sy vermoede verkeerd is.

    Ricardo draai om en hardloop so vinnig as wat hy kan na die hoof woning. Hy sien reeds van ver Carmen se ouers op die stoep sit. Consita en Carlos spring gelyktydig op toe hulle Ricardo sien nader hardloop. 'n Swaar gevoel vou om Consita se hart. Daar is groot fout.

    Carlos help, is Carmen dalk hier by die woning? Ricardo hyg uitasem na die afstand wat hy moes hardloop terug na die woning. Die sweet rol oor sy gesig. Carmen? Waar is Carmen?

    Nee Ricardo, Carmen was saam met jou in die boord. Wat is fout? Wat gaan aan? vra Carlos. Consita bring vir Ricardo 'n glas water. Hy sluk daaraan en stoei om sy asem te vind. Nee... klink sy skor stem op. Hy sak moedeloos neer op die stoep se trappe. Carmen is ontvoer.

    Die bloed vloei uit Consita se gesig. Sy sak ineen voor die stoel waarop sy oomblikke gelede nog rustig gesit het. Carlos staar na Ricardo in ongeloof. Ricardo vertel hoe hy en Carmen gehardloop en gespeel het in die boord. Hy vertel hoe hy haar hoor gil het en dat hy agterna gehardloop het om haar te vind. Hy vertel van die wit trokkie.

    Carlos hardloop na binne. Hy skakel die polisie. Konstabel De Freitas luister terwyl die man vertel wat gebeur het. Hy weet ook dat Carlos 'n welgestelde en gesiene boer in die area is. Hy kan die bekommernis in die man se stem hoor.

    ‘n Uur later ry die polisievoertuig op met die oprit na die hoofwoning van die druiwe plaas. Die enjin raak stil en die voertuig se voorste deure swaai oop. Konstabel De Freitas en Sersant Lopez klim uit en stap op met die stoeptrappe.

    Ricardo het vir Consita opgetel en na binne gedra waar hy haar op die bank neergelê en gelawe het met ‘n klam waslap. Hy het soveel respek vir hierdie vrou wat die moeder van sy aanstaande bruid is. Hy het verdwaas geluister hoe Carlos die hele verhaal aan die polisie oordra. Daar is onmiddellik 'n berig uitgesaai oor die radio om die publiek in te lig sodat inligting so spoedig as moontlik ingewin kan word om leidrade te bekom.

    Sersant Lopez klop aan die groot houtdeur. Die koper klopper kap hart teen die hout. Die huishoudster se voetstappe kom nader en dan maak sy die deur oop. Sy kyk die twee polisiemanne op en af en vra: Ja, kan ek help?

    Goeie dag, ons is hier om Carlos Goncalves te spreek in verband met sy dogter se ontvoering sê Sersant Lopez. Kom deur na die sitkamer asseblief se die vrou. Die twee polisie beamptes stap agter haar aan. Githa dui aan waar hulle kan sit en verlaat die vertrek.

    Carlos Goncalves stap stil en bleek die vertrek binne. Sy skouers hang moeg vooroor. Die formaliteite word afgehandel rondom die opening van die dossier en Sersant Lopez vra of daar enige ander inligting is wat mag help met die ondersoek waarna hulle groet en die plaas verlaat.

    Githa kyk die polisie beamptes agterna met ‘n glimlag wat op haar gesig luier. Sy maak die groot houtdeur toe, draai om en stap na die kombuis. Consita is in haar kamer

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1