Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Keur van Verhale 3: Seisoene
Keur van Verhale 3: Seisoene
Keur van Verhale 3: Seisoene
Ebook111 pages1 hour

Keur van Verhale 3: Seisoene

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Seisoene is so deel van ons elkeen se lewe. In die bundel kortverhale bring die skrywers van die Boekehuis die seisoene na elke leser.

“Nee, Santa! Nie so nie, laat ek dit liewer self doen,” raas Marina du Plooy met haar dogter, terwyl sy „n rol van haar digte silwer hare in haar nek vou, steek sy „n laaste haarnaald op sy plek. “Ma, ek wil net help! Ma moet ontspan, alles is honderd persent reg! ” antwoord Santa en merk met goedkeuring die blink in haar ma se sagte oë. Ma en dogter kyk na mekaar met eenderse blou oë en Santa glip haar arms om die ouer vrou se skouers. “Toemaar, Ma, ek verstaan. Ek ken jou my hele lewe, alles gaan net reg wees want my ma is „n wenner.” Sy kyk hoe haar ma met „n effens bewerige hand haar grimering aanbring. Sy vee met die poeierkwas oor haar neus en „n mooi egalige strepie lipstiffie oor haar mond. Ten spyte van haar een-en-sewentig jaar is sy „n pragtige vrou. Sy is trots op haar besige ma. Niks kry haar onder nie. Sy het meer deursettingsvermoë as vrouens helfte haar ouderdom en haar vrolike geaardheid is onblusbaar. Marina het nog nooit aan haarself gedink as bejaard, of nog erger, oud nie. Al is haar bewegings.......

Die winter van ons lewe - Ina Cantoni
Herfs is ook begin - Ina Cantoni
Winter Hart - Sonja Brown
Winter vrees - Ria Richards
Die lewe se seisoene - Annatjie Sandrock
Lentebloeisels vir Moeksie - Ria Richards
Skoenlapper Seisoen - Jessica Venter
Winter is Obsessie - Martin van Rensburg
My nuwe seisoen - Tish Swanepoel
My eenvrou gesprek met Winter - Riana Barnard Matthee
Na winter kom lentebloeisels - Franciska Mouton
Somer 1960- Trudie Potgieter
Buitekraal se geheim - Tish Swanepoel
Moes ons dan so ontmoet? - Pieter Odendaal
Die volmaakte eensaamheid - Alma Swart
Hoe min Is genoeg - Ina Cantoni
Almal wag op iemand - Alma Swart
Valentynsdag - Pieter Saayman
Een vakansie in Namibië - Alida Walker

LanguageEnglish
Release dateSep 29, 2017
ISBN9781370301683
Keur van Verhale 3: Seisoene
Author

Potpourri Members

The authors are all members of our facebook group

Related to Keur van Verhale 3

Related ebooks

Romance For You

View More

Related articles

Reviews for Keur van Verhale 3

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Keur van Verhale 3 - Potpourri Members

    Die winter

    van ons lewe

    INA CANTONI

    Nee, Santa! Nie so nie, laat ek dit liewer self doen, raas Marina du Plooy met haar dogter, terwyl sy ‘n rol van haar digte silwer hare in haar nek vou, steek sy ‘n laaste haarnaald op sy plek.

    Ma, ek wil net help! Ma moet ontspan, alles is honderd persent reg! antwoord Santa en merk met goedkeuring die blink in haar ma se sagte oë. Ma en dogter kyk na mekaar met eenderse blou oë en Santa glip haar arms om die ouer vrou se skouers. Toemaar, Ma, ek verstaan. Ek ken jou my hele lewe, alles gaan net reg wees want my ma is ‘n wenner.

    Sy kyk hoe haar ma met ‘n effens bewerige hand haar grimering aanbring. Sy vee met die poeierkwas oor haar neus en ‘n mooi egalige strepie lipstiffie oor haar mond. Ten spyte van haar een-en-sewentig jaar is sy ‘n pragtige vrou. Sy is trots op haar besige ma. Niks kry haar onder nie. Sy het meer deursettingsvermoë as vrouens helfte haar ouderdom en haar vrolike geaardheid is onblusbaar.

    Marina het nog nooit aan haarself gedink as bejaard, of nog erger, oud nie. Al is haar bewegings nie meer soos twintig jaar gelede nie, het sy geleer aanpas by dit wat haar liggaam vra. Vlietend kom die gedagte weer by haar op; hoe amper het sy boedel oorgegee na die aankondiging oor die radio daardie oggend, dit het haar byna laat ontspoor.

    ‘Ons betreur die afsterwe van die befaamde verhoogkunstenaar, Hugo Buytendach. Hy was nege-en-sewentig jaar oud en word oorleef deur sy vrou...’

    Dit was ‘n skok want Hugo was ‘n geliefde persoonlikheid. Sy het die radio bietjie harder gedraai, en direk na die afkondiging ‘n mooi eerbewys deur sy kollegas. Wynand Basson, vriend en kollega, se woorde het haar tot in haar skoene geruk. ‘Hugo was ‘n wonderlike mens. Hy was ‘n voorbeeld vir oud en jonk en het onwillekeurig respek afgedwing, by ieder en elk.’ Dan volg ‘n paar grepe uit sy loopbaan, en sy lewe as eggenoot en vader. Die volgende woorde het verdoemend genadeloos oor haar gespoel: ‘Ons sal Hugo altyd onthou. Vandag weet ons almal: Die Meester kap in ons eie bos.’

    Marina het aandagtig geluister en toe tref die woorde haar. Watter bos? vra sy kliphard aan haarself. Hugo was agt jaar ouer as ek? Is ek dan nou ook deel van daardie bos? Hoe is dit dan nou moontlik dat sy nog nooit aan ‘Die Einde’ gedink het nie. Sy, met al haar planne?

    Haar hele ritme was eensklaps versteur. Haar hart het tamboer gespeel in haar binneste en skoon deurmekaar het sy by die kombuisdeur uitgevlug. Gelukkig het sy nog haar tuin gehad en daar kon sy altyd vrede vind vir haar gemoed. Vir die res van daardie oggend het sy blomme uitgetrek, nuwes geplant, beddings skoongemaak. Tot sy moes toegee aan die pyn in haar rug. Vir die eerste keer het sy gewonder? Is dit nou hoe dit voel in die bos?

    Die volgende paar weke was vir haar ‘n warboel van emosies. Sy het elke oomblik van die dag selfondersoek gehou. Vir lang tye stil geraak en ernstig gebid. Gevra hoe lank is die mens dan op aarde? Is haar lewe dan nou ook by die afdraande pad? So amper het sy die spoor byster geraak. Santa se bekommernis het haar laat besef sy het nog verantwoordelikheid teenoor haar kind. Sy het haarself reggeruk en met hernude ywer die drade opgetel.

    Nou glimlag sy vir haar spieëlbeeld en met meer selfvertroue as wat sy ooit gehad het, reik sy uit na die hanger teen haar kas. Die sagte ligblou materiaal skakel so mooi in by haar silwer hare en poeierblou oë dat dit haarself verras.

    Santa help haar opgewonde ma om die sagte materiaal oor haar kop te trek. Sjoe, my moeder maar jy lyk pragtig! As ek maar op jou ouderdom so kan lyk, kom die kompliment spontaan van Santa. Sy neem die sakkie van die bed af en ingehaak stap die twee vroue by die voordeur uit, waar die motor wag.

    Marina sien die weerkaatsing in die glasdeur langs haar, sluit haar oë, en prewel sag: "Dankie, Heer, vir die wonder van my lewe. Dankie vir die openbaring wat u in my hart kom lê het. Dat U my kom wys het dat hierdie die eerste dag van die res van my lewe gaan wees. Ek verwag nie onmeetlike jare nie, net een dag op ‘n slag.

    Sy trek haar skouers vorentoe en lig haar kop, as die deur oopgaan en die orrel jubelend begin speel. Haar oë soek na die van die mooi gryskopman wat aan die einde van die paadjie staan. Hy glimlag met ‘n glans wat sy hele gesig verhelder as hy haar sien. Sy stap stadig en ontmoet hom halfpad na voor. Sy lag op in sy oë, en sag fluister sy vir hom: Tot die dood ons skei.

    Hy antwoord: En dit, met dankbaarheid in die winter van ons lewe,

    Die gaste is doodseker daar was ‘n huppel in die stap van die bruidspaar soos hulle die res van die gangetjie afstap tot by die kansel.

    Herfs

    is ook begin

    INA CANTONI

    Wouter Venter sit roerloos in sy motor. Hy sit net. Moeg moedeloos, raadop en jammer vir homself. Miskien is dit hoe depressie voel? Hy weet nie, hy kan net nie meer nie. Vandag was die laaste strooi. Of was dit? Laas week het hy ook so gevoel. En ‘n jaar terug ook, en verdomp die afgelope vyf jaar al! Hy slaan met sy vuis op die stuurwiel en pluk verwoed ‘n sigaret uit die pakkie. Hy hoor Elsa se stem: ‘Wouter jy rook te veel. Dis ongesond en nie goed vir die kinders nie.’ Wanneer het sy so begin teem en kerm in sy ore?

    Miskien vandat hy sy werk verloor het en sy alleen moes werk. Hy het vier maande doelloos geslenter en werk gesoek. Hoe weet sy wat in sy hart aangegaan het? Was sy eenmaal daar om te hoor: Jammer, Meneer, u aansoek was onsuksesvol? Sal hy ooit vergeet van die vrees en spanning in sy bors toe die dreigoproepe begin kom het? Meneer, wanneer verwag ons ‘n paaiement op jou meubel rekening? En dan, die kar en finaal die huis?

    Al het hy weer begin werk was sy salaris minder, oortyd was minimaal, en die agterstallige net hopeloos te veel. Stuk-stuk het die balju ‘n gereelde besoeker geword. Later het hy nie eers meer probeer keer en beloftes maak nie. Hy en Elsa het al minder vir mekaar te sê gehad. Hy het weer begin rook, en te veel gedrink. Dit weet hy nou.

    Twee weke gelede het sy die ultimatum gestel: Wouter, ek is saam met jou in hierdie ding. Ek verwag van jou om my by te staan, nie ek vir jou nie. As jy wil boedel oorgee doen dit alleen. Ek wil ‘n egskeiding hê.

    Hy kon voel hoe hy verbleek, en deur stram lippe vra: Wat is die ultimatum?

    "Jy gaan

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1