Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Lied vir Sarah: Lesse van my Ma
Lied vir Sarah: Lesse van my Ma
Lied vir Sarah: Lesse van my Ma
Ebook137 pages2 hours

Lied vir Sarah: Lesse van my Ma

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In Lied vir Sarah, Jansen se persoonlikste en mees intieme boek tot op hede, daag Suid-Afrika se geliefde professor die stereotipes en stigma uit wat so maklik op Kaapse Vlakte-ma's van toepassing gemaak word as luidrugtig, wellustig en sonder tande – en bied  hy dié deernisvolle verhaal aan as 'n lofsang vir ma's oral wat op moeilike plekke gesinne moet grootmaak  en gemeenskappe moet bou.  As jong man het Jansen gewonder hoe ma's dit regkry om kinders onder moeilike omstandighede groot te maak – en toe besef die antwoord is reg voor hom in die vorm van Sarah Jansen, sy eie ma. Deur haar vroeë lewe in Montagu en die gevolge van apartheid se gedwonge verskuiwings na te speur, werp Jansen lig op hoe sterk vroue nie slegs daarin geslaag het om gesinne bymekaar te hou nie, maar hulle  kinders ook met integriteit groot te maak.  Met sy kenmerkende fynsinnigheid, humor en eerlikheid, volg Jansen sy ma se lewensverhaal as 'n jong verpleegster en ma van vyf kinders, en wys hy hoe dié ma's hulle verlede verwerk het, hulle huise ingerig het, sin gemaak het van die politiek, die liefde bestuur en kernwaardes gekommunikeer het – hoe hulle hulle lewens gelei het. Om sy eie herinneringe te balanseer, het Jansen hom op sy suster, Naomi, beroep om haar eie insigte en herinneringe te deel, en daardeur spesiale waarde tot hierdie roerende memoir toe te voeg.
LanguageEnglish
PublisherBookstorm
Release dateMay 1, 2017
ISBN9781928257325
Lied vir Sarah: Lesse van my Ma
Author

Jonathan Jansen

Prof Jonathan Jansen is a leading South African educationist, commentator and the author of several books including the best-selling 'Letters to My Children'. He is the former vice-chancellor of the University of the Free State, where he earned a reputation for transformation and a deep commitment to reconciliation. He is married with two children.

Read more from Jonathan Jansen

Related to Lied vir Sarah

Related ebooks

Cultural, Ethnic & Regional Biographies For You

View More

Related articles

Related categories

Reviews for Lied vir Sarah

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Lied vir Sarah - Jonathan Jansen

    Inhoud

    Dankbetuiging

    Die Huisvrou, Ronelda S Kamfer

    I

    Onder hierdie dak

    II

    Die hoekhuis

    III

    Markstraat nommer 3

    IV

    Basta en die blinde

    V

    ’n Kerk vir elke kleur

    VI

    Die gospel-mense

    VII

    Die krygsvrou

    VIII

    Die breek van bande

    IX

    ’n Abraham vir Sarah

    X

    Om die skande te verbloem

    XI

    Die Sarah-iaanse wet

    XII

    Toughees

    XIII

    Bra’s en Brasso

    XIV

    Huisskoonmaak

    XV

    Koeksisters en plig

    XVI

    Die onderwyser moes ’n rede gehad het

    XVII

    Die vel van jou hande af

    XVIII

    ’n Ander politieke pad

    XIX

    Die slap bruin beursie

    XX

    Om engele te herberg

    XXI

    Om op die boek te leef

    XXII

    Abraham se heling

    XXIII

    Om dronk mans nugter te maak

    XXIV

    Die suster wat nie van Afrika is nie

    XXV

    Om te leer om te sterf

    XXVI

    Groot was sy

    Epiloog

    Bronne

    Dankbetuiging

    ’n Boek is ’n soort gemeenskapsprojek. Alhoewel baie mense ’n boek laat gebeur, kry slegs ’n paar gewoonlik by die openingsaand of boekbekendstellings wat volg erkenning. En dus begin ek deur die hele produksiespan by Bookstorm vir die goed afgeronde eindproduk te bedank – van die kritiese lesers tot die voorbladontwerpers tot die redigeerders en die baie vaardige bemarkingspan. ’n Baie spesiale woord van dank aan Russell Clarke wat die produksieproses ook vir die skrywer so aangenaam gemaak het.

    ’n Boek oor ma’s is onvermydelik ook ’n familie-aangeleentheid. Ek bedank my enigste suster, Naomi Jansen, dat sy ingestem het om haar ryklik onverdunde stem by die boek te voeg. Daar was ’n punt toe ek getwyfel het of ons uiteenlopende style soomloos in ’n werk soos dié sou bymekaarkom, maar dit blyk dat dit presies dié kwaliteite is wat die boek verryk het. Ons het ons ma van verskillende uitgangspunte geken – seun/dogter en oudste/middelkind. Bykomend daartoe het Naomi vir die grootste deel van haar lewe in die gesinswoning gebly terwyl ek baie jare weg was terwyl ek oorsee gestudeer of in ander provinsies gewerk het. Die leser sal derhalwe aanvoel hoe die storie saamvloei en uitmekaar en dan weer saam in twee stelle herinneringe aan een onderwerp, ons ma. Dus sê ek dankie, Sus.

    ’n Groot dankie ook aan my niggie Natasha Pekeur in Wellington wat oor-en-weer geskakel het vir navrae tussen my en haar ma (my tannie, Sarah se jongste suster) om die feite oor die Montagu waar ons ma, Sarah Johnson, gebore is en grootgeword het, na te gaan. ’n Woord van waardering ook aan Godfrey Johnson, wat deur my grootouers grootgemaak is en wat die fynere tekstuur aan die stories oor Ma, Pa en Montagu verleen het.

    Die boek bevat uittreksels uit die werk van digters, hoofsaaklik van die Kaapse Vlakte, oor ma’s en herinneringe aan die omgewing. Die gekose gedigte maak brose en beleërde lewens van ma’s lewendig op ’n manier wat eenvoudige narratiewe skryfwerk nie kan nie. In hierdie opsig ’n opregte woord van dank aan my vriend, professor Hein Willemse, wat oor die Kerstyd gewerk het om splinternuwe sowel as klassieke Afrikaanse gedigte te identifiseer wat kwessies oor ma-wees op die Kaapse Vlakte aanspreek. Sonder sy hulp sou die uittreksels van Afrikaanse gedigte nie hulle pad na Lied vir Sarah gevind het nie.

    Onder die digters dankie aan die baie talentvolle Ronelda Kamfer, wat ingestem het dat ek een van haar langer werke, Die Huisvrou, gebruik om hierdie huldeblyk aan ma’s in te lui. Ek moet ook vir Desirée Homann van Pretoria bedank vir haar baie bekwame vertaling van die oorspronklike Engelse manuskrip. ’n Afrikaanse uitgewervriend het opgemerk dat sy twee eerste tale het – dit is hoe goed die vertaling is.

    Bykomend daartoe dat die stem van ’n sib in die hoofteks gewerf is, voeg hierdie boek ook by verskillende punte in die vertelling die wysheid van veral Kaapse Vlakte-digters oor ma’s van die omgewing in. ’n Woord van dank aan daardie digters omdat hulle toegelaat het dat uittreksels uit hulle werk in hierdie huldeblyk aan ma’s verskyn.

    Meeste van almal bring ek hulde aan my uitstekende uitgewer Louise Grantham, wat onberispelik professioneel is wanneer dit daarby kom om met die uiteenlopendste skrywer-persoonlikhede te werk. Louise is nie net flink en doeltreffend nie, sy is ook deeglik en betroubaar in al die fases van die proses om ’n boek te ontwikkel. Sy is ongenaakbaar in haar kritiek, maar dra daardie terugvoering oor op maniere wat die toewyding en respek van die skrywer behou. Daarvoor is ek dankbaar.

    Enige boek wat ek skryf moet die Grace-toets slaag – het die sentrale idee enige sin? As my vrou Grace huiwer nadat sy ’n bladsy of hoofstuk gelees het, weet ek daar skort iets sonder dat sy dit hoef in te vryf. Dus bedank ek my mees kritiese en toegewydste leser vir haar eerlikheid teenoor die skrywer en manuskrip regdeur die skryfproses.

    My kinders bly ons grootste skat en hulle sal kan getuig hoe die waardes van hulle grootouers deur ons as ouers tot hulle voordeel oorgedra is. Dit is waarlik verstommend om te sien hoe Sara-Jane en Mikhail in hulle eie lewenskeuses en verbintenisse die geloof en standvastigheid van hulle twee stelle grootouers van teenoorgestelde kante van die Kaapse Vlakte dra. Toe die lieflike jong Katherine dus as Mikhail se vrou by die familie aansluit, was dit vir ons ’n seën om te sien hoe daardie waardeketting versterk word danksy die inspirasie wat Kat se wonderlike ouers op hulle beurt op haar lewe uitgeoefen het.

    Dat ma’s saak maak, is die boodskap van hierdie boek. Aan almal van julle wat ons gemaak het, ons gevorm het en ons steeds inspireer, baie, baie dankie. Dié boek is vir julle.

    Jonathan

    Kaapstad, 2017

    DIE HUISVROU

    antie Doris was ’n tipiese tannie

    soggens het sy haar kinders by die skool kom afsien

    met ’n pienk check overall en groen rollers in haar hare

    het sy heeldag huis skoongemaak, wasgoed gewas en kos gekook

    sy was ’n huisvrou

    eendag in Junie het dit vreeslik gereën

    maar antie Doris het wasgoed opgehang, vensters gewas

    en haar stoepplante water gegee

    later het ’n polisievan en twee van Tygerberg se lykhuisbussies

    voor haar huis gestop

    drie bodybags is op stretchers uitgestoot

    een grote en twee kleintjies

    antie Doris het vir die eerste keer in jare

    ’n blomrok aangehad met haar hare wat in lang los krulle

    oor haar skouers hang

    sy is gehandcuff en het agter in die polisievan geklim

    sy’t vir ons nosey bystanders gesê dat ons maar kan kyk

    haar huis is skoon.

    Ronelda S Kamfer, 2008

    I

    Onder hierdie dak

    Ek kan nie onthou wanneer dit was dat ek moeg geraak het van die geykte beeld van die Kaapse Vlakte-ma nie, behalwe dat dit ’n lang ruk gelede was. In die media was sy altyd luidrugtig en vulgêr, permanent geklee in ’n geruite oorjas waar sy met krullers in haar hare by die huis se venster uithang. In die werklike lewe of fiksie, het die Kaapse Vlakte-ma die deurleefde stereotipe versinnebeeld – ’n vuilbek wat dikwels dronk was, ’n nar, met ’n oordrewe seksualiteit, sonder voortande en met hare wat kunsmatig reguit gemaak is. Op pad na moederskap het sy die skool vroegtydig verlaat, met seuns flankeer en swanger geraak voor sy werk gekry het by een van daardie fabrieke wat iewers tussen die Steenberg- en Soutrivier-stasie langs die voorstedelike spoorlyn lê.

    Aldus die digter Ronelda Kamfer:

    Goeie meisies bly nie op die Kaapse Vlakte nie

    Komediante het ryke stof in hierdie plat uitbeeldings gevind. Of dit nou as Antie Merle in Marc Lottering se komedie-vertonings was, of as Antie Katie in Leon Schuster se klugtige komedie. Daar blyk geen perke te wees daaraan om die siel van die Kaapse Vlakte-ma te kritiseer nie. Nomakula (Kuli) Roberts het in haar rubriek, Witches Brew, in die Sunday World dit verder gevoer as die meeste mense toe sy haar smaadrede teen Jou ma se kinders met hierdie walglike reël afsluit: Dis in elk geval net in die Kaap wat ’n mens iemand sal hoor skree ‘Jou ma owe jou hond seksgeld’. Met ’n bietjie redigering, het die aanlyn-redakteur van ’n meer respektabele koerant gesê, sou dit snaaks gewees het. Van Saartjie Baartman in die vroeë 19de eeu af, was

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1