Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Klein Dorpie
Klein Dorpie
Klein Dorpie
Ebook98 pages1 hour

Klein Dorpie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Bets is 'n kunshandelaar in Kaapstad. Haar besoek aan die plaas waar sy grootgeword het, met die gesprekke en interaksies wat volg met ou bekendes en familie, laat haar besin oor haar emosionele en praktiese omgewing  waarin sy haarself bevind.

Sy word geforseer om ontstellende gebeure te konfronteer, maar ook aangemoedig om haar hart oop te maak vir ou liefde wat 'n nuwe plek in haar verwarde hart probeer vind.

LanguageAfrikaans
Release dateDec 20, 2019
ISBN9781393920434
Klein Dorpie

Related to Klein Dorpie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Klein Dorpie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Klein Dorpie - Monique Jean Putter

    Hoofstuk 1

    Sussa toe

    E k hoor so deur die kakiebos dat Linda nou teel met gestreepte sprinkane, vertel die vrou met die stywe perm vir die ander vrou in ’n vaal grys, hartseer rok.

    Bets staan agter in die tou om te betaal vir haar wine gums en lemon meringue. Dit is ongeskik om met leë hande op te daag by mense se huis.

    Die twee vroue staan voor Bets, hul arms volgestop met koeke en terte. Die haarsproei proe bitter in haar mond terwyl die koppe swaai soos die twee klets.

    "Linda was die dorp se mees prim en proper poppie, let me tell you," vertel Grysrokkie.

    Bets ken Linda. Hulle was goeie vriendinne op skool. Annette is haar partner en dis ’n reuse storie as jy in ’n klein dorpie bly waar mense nog vassteek in 19-voetsêk.

    Annette se Oom Salomo het vir hulle twee ’n stuk grond gegee. Net buite die dorp. Ek hoor dit by ’n betroubare bron, natuurlik, sê Die Perm en skud haar kop beterweterig.

    Liplangs was nog altyd die dorp se beste radiostasie met die opwindendste nuus. Stertjies word gelas soos stories oor en weer vertel word en storie en die waarheid verskil gewoonlik hemelsbreed.

    Wragtig, is dit so? Grysrokkie se stemmetjie klink skril.

    "Ja hoor, die goewerment wou eers ’n militêre basis daar oprig, hoor ek. Maar toe Annette en Linda klomp mense oornooi om koloniale danse uit te voer met ’n groot bonfire, en dit nogal plaas op sosiale media, het hulle besluit dat die grond kan dien as plek vir kulturele byeenkomste. Jy weet, inklusief vir almal van die rainbow nation. Maar, net vir vroue natuurlik. Elke maand is daar ’n bring en braai onder die kappiekommando en dan raak almal gesuip en dans om die vuur." Die Perm raak nou lekker opgewen.

    Slegte spul daai, Grysrokkie klik haar tong en trek haar neus op.

    "Ek sê jou. Anette en Linda is blykbaar the life of the party. En van die grootkoppe op die dorp hang glo daar uit, soos Landros Ndebuka," vertel Die Perm.

    Nè! Grysrokkie se mond hang oop en haar mondhoeke trek in ’n lekkerkry-glimlag.

    En sy’s die een wat die meeste grapsap drink, ’n landdros nogal, sê Die Perm.

    Hulle beweeg vorentoe, nader aan die kassier. Die vrou agter die kasregister luister ook aandagtig sonder om in die rigting van die groep vrouens te kyk. Sy maak dit nie duidelik dat sy hul afluister nie, maar haar gesigsuitdrukking gee haar weg. Bets lag so bietjie binnesmonds.

    Niemand van die dorp weet wat hul regtig op die plaas maak nie. Daar is talle ander gerugte wat die rondtes doen. Tina, haar ou skoolvriendin, sweer weer daar is ’n gotiese motor resies bende wat sommer in die watertonnels ontmoet en na heavy metal musiek luister. Dis ook ’n klomp twak!  Bets weet wat hul doen. Sy was dan self op die plaas.

    Wel ek weet wat daar aan die gang is. Het jy ’n suiker-lekker om jou bloedsuiker op te jaag? die tannie heel voor in die tou draai om. Sy het ’n netjiese bob en lang rooi heksnaels. Sy knyp haar handsak onder haar arm vas terwyl haar ander hand ’n pakkie sigarette en ’n aansteker vashou wat sy so pas gekoop het.

    Bets maak die pakkie wine gums oop. Sy sit een in haar mond. Dis soos springmielies eet en fliek kyk.

    Die vrou sit haar hand aan die kant van haar mond en fluister hardop sodat almal kan hoor.

    "Hulle is otherway, jy weet." Sy stap so bietjie nader en leun vorentoe.

    "Gay," voeg Heksnaels by met oë wat groot rek.

    Bets se skouers sak. Niks nuuts nie, maar sy luister tog verder.

    Die tannie by die kassier, Heksnaels, Die Perm en Grysrokkie is diep ingetrek in die skinderstorie. Niemand dink aan betaal nie. Dit voel soos koek en tee wanneer die dorp se skinderstories so op die lappe neergelê word. As daar nou net tee was, miskien ook bordjies en koekvurkies dan kon Bets haar meringue begin uitdeel. Dis beter as Huisgenoot lees in die 90’s.  

    Vir ’n oomblik is dit effens ongemaklik tot die kassier haar keel skoonmaak. Heksnaels beweeg vlugtig uit die winkel met ’n toedels! en ’n klein handgebaar asof niks gebeur het nie. Bets weet wat op die plaas aangaan, en in die geval is die waarheid meer interessant as die stories wat die rondtes doen. Hul bedryf ’n tipe hippie bymekaarkomplek waar hul naweke mediteer en spirituele lesings bywoon oor selfverbetering en aanvaarding. Daar word ook ’n klomp papegaaislaai gerook. Hulle sproeiverf die bome rondom die meditasie area in tecno-kleure om hul te help om van die stres en struktuur van die samelewing te ontsnap. Dis wat hulle doen oor naweke, en wat jy doen op naweke is jou besigheid.

    Bets betaal vir haar half geëte wine gums en lemon meringue. Die tuisnywerheid lyk nog presies dieselfde as toe sy laas in die dorp was.

    As jy van ’n klein dorpie af kom, kom jy nooit regtig uit hom uit nie. Of dalk kom die dorpie nooit regtig uit jou uit nie. Bets is alreeds 10 jaar in die stad maar weet nou nog presies wat in almal se lewens aangaan. Sy stel ook meer belang in almal se lewens as wat sy seker moet. Dis net te blerrie juicy mens kan nie help nie. Die waarheid is dalk nie heeltemal so eenvoudig nie, verlange kan mens baie nuuskierig maak.

    Bets stop voor haar suster en swaer se huis. Sy haal die lemon meringue uit die kattebak en stap tot by die voordeur. Dankie tog dit is nie ’n warm dag nie, anders was dit ’n slap tert.

    Sy stap by die trappies op tot by die voordeur en vryf haar skoene skoon teen die Welkom by die Labuschagnes mat vol kat prente. Sy wil nog aan die deur klop toe maak hy vanself oop.

    Welkom Bets, ag kyk hierdie heeeeeeerlike tert, Sussa praat sodat die bure kan hoor.  Sussa haal die tert uit Bets se hand uit, betyds ook want die tert wou-wou grond toe.

    Kom binne! Siertjie sal later jou tasse vir jou kry, Sussa praat hard en vinnig, sy is opgewonde om haar sussie te sien.

    Sy gee Bets ’n stywe druk met een arm en ’n skouer in die keel en beduie na binne. Bets voel welkom, dis darem lekker om so gegroet te word. Dis lekker warm binne die huis, mens kan die houtjies ruik wat brand in die kaggel.

    "O, en kyk dié fȇncy jas. Die stad het darem maar mooi overseas goed nè?" Sussa skud die paar donsies van die jas af en hang dit versigtig op.

    Bets se suster is die plaaslike laerskool se naaldwerkster, eintlik maar die dorp s’n. Sy ken goeie ontwerpe as sy dit sien. Sy bedryf ’n klein winkeltjie vanuit haar sitkamer en aanvaar net kontant. Cash is King antwoord sy as mens haar vra waarom sy slegs kontant aanvaar. Haar kliënte kla nie, hul sal eerder die prys sonder belasting betaal en Sussa steek die kontant in haar sak en antwoord nie verder vrae nie.

    Sussa kry

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1