Sie sind auf Seite 1von 7

Determinisme, Fatalisme en Kleingeestigheid

as vorme van Wanhoop


by Kierkegaard en Kierkegaardashian

Determinisme, fatalisme en kleingeestigheid is vorme van spirituele wanhoop,


volgens Kierkegaard en Kierkegaardashian. Wanhoop is die siekte tot die dood
toe. Wanhoop spruit uit: onkunde oor die feit dat jy oor n self beskik, die
onwilligheid om jouself te wees, asook wanhoop oor die gewilligheid om
jouself te wees.

The determinist or the fatalist is in despair, and in despair he has lost his self, because for him
everything is necessary. He is like that king who died of hunger because all his food was transformed
into gold. Personality is a synthesis of possibility and necessity. The condition of its survival is
therefore analogous to breathing (respiration), which is an in- and an a-spiration. The self of the
determinist cannot breathe, for it is impossible to breathe necessity alone, which taken pure and
simple suffocates the human self. ~ Kierkegaard, The Sickness Unto Death.

1
In my opinie is determinisme en fatalisme Doktrines van Demone, terwyl
kleingeestigheid n menslike swakheid is wat ernstige gevolge kan inhou.
Wat is die omskrywing van kleingeestigheid in hierdie konteks?
Corny trash, vulgar clichs, Philistinism in all its phases, imitations of imitations, bogus profundities,
crude, moronic, and dishonest pseudo-literaturethese are obvious examples ~ Vladimir Nabokov

For Kierkegaard philistinism was triviality, man lulled by the daily routines of his society, content
with the satisfactions that it offers him: in todays world the car, the shopping center, the two-week
summer vacation. Man is protected by the secure and limited alternatives his society offers him, and
if he does not look up from his path he can live out his life with a certain dull security ~ Ernest
Becker, The Denial of Death.

2
Die gevaar van kleingeestigheid (Spiebrgerlichkeit / Philistinism) l in
misleiding, juis daarin dat dit as onskadelik beskou word. Die benoude ruimte
en steriele grond van kleingeestigheid bied aan geloof geen woning nie. Sonder
die voeding van geloof kan die moontlike nie funksioneer nie, wat nog te s
van floreer. Die afwesigheid van geloof gee aan determinisme n absolute
monopolie en totalitariese oorheersing waarin net die waarskynlike kan
bestaan.

Toegegee, die meeste gebeurtenisse vloei uit voorafgaandes, maar nadat al


sulke invloede in ag geneem is, bly daar steeds n onverklaarbare reste van
absolute vryheid. Elke gebeurtenis bestaan uit n gedetermineerde en
ongedetermineerde deel. Die eerste is die belaaide gemiddelde verspreiding
van waarskynlike uitkomste; die tweede is die werklike eindresultaat.
Kwantum-meganika lewer voldoende bewys dat die heelal deurentyd uit
ontelbare kwantum-onsekerhede ontluik.

3
Volgens kwantum-eksperimente kies Bewussyn een uit n reeks moontlike
uitkomste waardeur dit die enkele uitkoms affekteer. Dit verklaar onder meer
die partikel- OF golf-keuse waarin energie kan manifesteer.

Kleingeestigheid is sielloosheid; dit gaan mank aan enige determinant van die
Bewussyn en reduseer die onbegrensde moontlike tot dieselfde onbenullige
vlak as die deterministiese waarskynlike, onwaarskynlike en onmoontlike.

4
Die kleingeestige is dus nie in staat om van God kennis te neem nie, maar leef
in n oppervlakkige ervaringsdimensie van hoe dinge verloop, wat moontlik is
en wat gewoonlik gebeur.

Fatalisme en determinisme beskik egter oor voldoende verbeelding om


wanhopig te wees oor die moontlike, en oor genoeg van die moontlike om die
onmoontlike te ontdek. Kleingeestigheid sus sigself in die onbenullige en
verkeer altyd in wanhoop, onder beide voorspoed en teenspoed.

5
Fatalisme en determinisme bied geen moontlikheid op gerusstelling of streling
nie, of op die versagting van die noodsaak nie, dus gaan dit mank aan
verligting. Kleingeestigheid het geen kans op herstel uit die sielloosheid nie,
omdat kleingeestigheid glo dat dit in beheer van die moontlike staan.

Kleingeestigheid dra die moontlike rond soos n gevangene in die hok van die
waarskynlike, spog daarmee, dink dat dit die meester van die moontlike is, en
is salig onbewus daarvan dat deur daardie optrede dit sigself gevange geneem
het om as die slaaf van die siellose te dien. So verloor die kleingeestige dan
God en homself.

6
7

Das könnte Ihnen auch gefallen