Sie sind auf Seite 1von 4

FISIKA (BIO) / PHYSICS (BIO) 134

Tutoriaal 5 – Momentum en fluïdes / Tutorial 5 – Momentum and fluids

1. 'n Koeël van 23 g wat teen 230 m/s beweeg dring deur 'n 2,0 kg houtblok en kom skoon aan die anderkant uit
teen 170 m/s. Indien die blok aanvanklik stil op 'n wrywinglose oppervlak lê, hoe vinnig beweeg die blok nadat
die koeël deurbeweeg het?
A 23-g bullet traveling 230 m/s penetrates a 2,0-kg block of wood and emerges cleanly at 170 m/s. If the block
is stationary on a frictionless surface when hit, how fast does it move after the bullet emerges? [0,69 m/s]

2. 'n Sportmotor van 920 kg bots teen die agterkant van 'n 2300 kg SUV ("sport utility vehicle") wat gestop het
by 'n rooi lig. Die buffers en die remme van die motors sluit vas, en die twee motors skuur vorentoe vir 2,8 m
voordat hulle to stilstand kom. Die verkeerskonstabel, wat weet dat die kinetiese wrywingskoëffisiënt tussen
die bande en die padoppervlak 0,80 is, bereken die spoed van die sportmotor by impak. Wat was hierdie
spoed?
A 920-kg sports car collides into the rear end of a 2300-kg SUV (sport utility vehicle) stopped at a red light. The
bumpers lock, the brakes are locked, and the two cars skid forward 2,8 m before stopping. The police officer,
knowing that the coefficient of kinetic friction between tires and road is 0,80, calculates the speed of the sports
car at impact. What was that speed? [23 m/s]

3. ’n Pendulum bestaan uit ’n 2,0 kg blok wat aan ’n 1,5 m lange tou vasgemaak is. ’n 10 g Koeël word horisontaal,
teen 900 m/s, in die stil hangende blok ingeskiet. Die koeël gaan deur die blok en kom aan die anderkant uit
met ’n horisontale spoed van 300 m/s. Die maksimum hoogte tot waar die blok bokant sy aanvanklike posisie
sal uitswaai, is gelyk aan:
A pendulum consists of a 2,0 kg block hanging on a 1,5 m length of string. If a 10 g bullet moving with a
horizontal velocity of 900 m/s strikes, passes through the block (initially at rest), and emerges with a horizontal
velocity of 300 m/s, to what maximum height, above its initial position, will the block swing? [46 cm]

4. ’n Lokomotief van massa 5,0 × 104 kg beweeg met ’n spoed van 0,5 km/h as dit teen ’n stilstaande trein van
4,5 × 105 kg stamp om dit aan te haak. Neem aan die trein en lokomotief kan sonder wrywing beweeg en
bereken die spoed van die trein net nadat dit aangehaak is.
A locomotive of mass 5,0 × 104 kg is moving with a speed of 0,5 km/h when it shunts into a stationary train of
4,5 × 105 kg, to couple. Assume that both the train and the locomotive can move without friction and calculate
the speed of the train immediately after coupling. [0,014 m/s]

5. Bereken die absolute druk P1 van die manometer in die figuur.


Aanvaar dat die atmosferiese druk hier 758 mmHg is. (1 atm =
101,325 kPa = 760 mmHg)
P1

Calculate the absolute pressure P1 of the manometer in the


figure. Take the local atmospheric pressure to be 758 mmHg.
(1 atm = 101,325 kPa = 760 mmHg) [1,03 x 105 Pa]

ΡB = 816 kg/m3

ρA = 1020 kg/m3

6. 'n Vloeistof met 'n digtheid van 1,085 x 103 kg m-3 word in 'n oop U-buis gegooi. 'n Tweede vloeistof word in die
regterbeen van dieselfde buis gegooi. Neem aan dat hierdie twee vloeistowwe nie meng nie en dat die
vloeistowwe sodanig tot rus kom dat the bopunt van die eerste vloeistof 7,58 cm bokant the bopunt van die
tweede vloeistof is. Bepaal die digtheid van the tweede vloeistof indien die hoogte daarvan 5,82 cm is.

A liquid with a density of 1,085 x 103 kg m-3 is poured into an open U-tube. A second liquid is poured into the
right leg of the same tube. Assume that these two liquids do not mix and that the liquids come to rest when the
top level of the first liquid is 7,58 cm above the top level of the second liquid. Determine the density of the second
liquid if its height is 5,82 cm. [ 2498 kg/m3 ]

1
7. *Wanneer ’n aar in die nek gedeeltelik verstop is vloei die bloed 4 maal vinniger as normaal. Wat is die radius
van die verstopte aar relatief tot die radius van ’n normale aar?
*When an artery in the neck is partially constricted, the blood flows 4 times faster than normal. What is the
radius of the constricted artery relative to the radius of a normal artery? [1/2]

8. *Water uit ’n tuinslang neem 20,0 s om ’n emmer vol te maak. Die volume van die emmer is 8,00 x 10–3 m3 en
die deursnee area van die tuinslang is 2,00 x 10–3 m2. Met watter spoed verlaat die water die tuinslang?
*Water from a hosepipe takes 20,0 s to fill a bucket. The volume of the bucket is 8,00 x 10–3 m3 and the cross
sectional area of the hosepipe is 2,00 x 10–3 m2. What is the speed of the water as it exits the pipe? [0,200 m/s]

9. **Een van jou vriende wil ’n vlot uit dennehout ontwerp met die volgende afmetings: lengte = 2,00 m, breedte
= 1,00 m en hoogte = 0,300 m. Die digtheid van water is 1,000 × 103 kg m-3 en die digtheid van die dennehout
is 550,0 kg m-3. Beantwoord die volgende vrae en motiveer elke stap. (a.) Bepaal of die vlot sal dryf of sink. (b)
Indien die vlot dryf, bepaal hoe diep dit onder die oppervlak van die water sal wees?
[(a) FB >Wv dus sal die vlot beslis dryf; (b) diepte = 0,165 m]

**One of your friends want to make a raft from wood with the following dimensions: length = 2,00 m, width =
1,00 m and height = 0,300 m. The density of water is 1,000 × 103 kg m-3 and the density of wood is 550,0 kg/m3.
Answer the following questions and motivate each step: (a) Determine whether the raft will float or sink. (b)
Determine at what depth beneath the surface of the water the raft will float. (if you believe that it will float).
[(a) FB >Wv thus the raft will float; (b) depth = 0,165 m]

10. ** ’n Hol reghoekige boks het die volgende dimensies: lengte = 0,60 m, breedte = 0,40 m en hoogte = 0,40 m.
Die boks dryf in ’n bad gevul met olie (digtheid = 8,00 × 102 kg m-3) met 'n derde (1/3) van sy volume onder die
oppervlak van die olie. Water (digtheid = 1,00 × 103 kg m-3) word nou in die boks gegooi. Wat is die hoogte van
die water in die boks sodra die boks net-net begin sink, d.w.s die boks begin verdwyn onder die oppervlak van
die olie? Aanvaar dat die wande van die boks is baie dun. Motiveer elke stap in die berekening. Onthou dit is
nie die finale antwoord wat belangrik is nie, maar die redenasie wat punte tel. [diepte = 0,21 m]

**A hollow rectangular box has the following dimensions: length = 0,60 m, width = 0,40 m and height = 0,40 m.
The box floats in a bath filled with oil (density = 8,00 × 102 kg m-3) with a third (1/3) of its volume below the
surface of the oil. Water (density = 1,00 × 103 kg m-3) is now poured in the box. What is the height that the water
reaches inside the box before the box starts to sink? Assume that the walls of the box are very thin. Motivate
each step of your calculation. Remember it is NOT the final answer that is important, but rather the reasoning.
[depth = 0,21 m]

11. **’n Blok met ’n volume 1,00 × 10-3 m3 word vanaf ’n trekskaal gehang soos in figuur A getoon. Die skaal lees
10 N. Wanneer dieselfde blok in ’n onbekende vloeistof geplaas word, dryf dit met twee derdes (2/3) van sy
volume ondergedompel soos in figuur B geillustreer. Die digtheid van water is 1,000 × 103 kg m-3. Wat is die
digtheid van die onbekende vloeistof?
**A block with a volume 1,00 × 10-3 m3 is attached to a spring balance as depicted in figure A. The reading on
the balance is 10 N. When the same block is placed in an unknown liquid it floats with two thirds (2/3) of its
volume below the surface of the liquid as shown in figure B. The density of water is 1,000 × 103 kg m-3. What is
the density of the unknown liquid? [ρ = 3,0 x 103 kg m-3]

2
12. **’n Blok hout weeg 82 N in lug. ’n Stuk lood weeg 130 N in water. Indien die hout en die lood aan mekaar
vasgemaak word, is hulle gekombineerde gewig in water 100 N. Bereken die digtheid van die hout.
**A Block of wood weighs 82 N in air. A piece of lead weighs 130 N in water. If the wood and the lead are
attached to each other, their combine weight in water is 100 N. Calculate the density of the wood.
[ρ = 7,3 x 102 kg m-3]

13. **’n Klip weeg 0,48 N in lug en 0,32 N in water. Bereken sy volume en digtheid. Hoeveel weeg dit in olie
(digtheid 8,5 × 102 kg m-3)?
**A stone weighs 0,48 N in air and 0,32 N in water. Calculate its volume and density. How much does it weigh
in oil (density 8,5 × 102 kg m-3)? [V = 1,6 x 10-5 m3; ρ = 3,0 x 103 kg m-3; W = 0,34 N]

14. **Geelkoper se digtheid is 8,5 × 103 kg m-3. ’n Stuk daarvan het ’n ingeslote holte en verloor ’n derde van sy
gewig as dit heeltemal onder water gedompel word. Watter breukdeel van die volume van die stuk is hol?
**Brass has a density of 8,5 × 103 kg m-3. A piece of it encloses a hollow bubble and loses a third of its weight
when completely immersed in water. What fraction of the volume of the piece is hollow? [65%]

15. **U neem aan 'n kompetisie deel en word gevra om 'n soliede reddingsboei te
ontwerp wat net-net instaat is om 'n 80 kg man sodanig te ondersteun dat 2/10
(kop en skouers) van die man bokant water (digtheid = 1,00 x 103 kg m-3) sal
uitsteek. Die digtheid van die man is gelyk aan 1,21 x 103 kg m-3. U mag slegs
0,032 m3 materiaal gebruik. Bereken die digtheid van die materiaal om sodoende
'n besluit te neem oor watter materiaal u gaan gebruik om die reddingsboei te
vervaardig.
**You are taking part in a competition and the challenge is to design a solid
lifebuoy that can barely support a man, mass 80 kg, to keep 2/10 of his volume (head and shoulders) sticking
out above water (density = 1,00 x 103 kg m-3). The density of the man is equal to 1,21 x 103 kg m-3. You may
only use 0,032 m3 of material. Calculate the density of the material that could be used in order to be able to take
a decision on what material possibly may be used to construct the lifebuoy. [ 153 kg/m3 ]

16. **'n Ligte veer met veerkonstante k = 160 N/m rus vertikaal op die
bodem van 'n groot houer gevul met water. 'n 5,00 kg houtblok
(digtheid = 650 kg/m3) is aan die veer verbind en die blok-veer
sisteem word toegelaat om tot statiese ewewig te kom. Wat is die
verlenging (∆L) van die veer?
**A light spring with spring constant of k = 160 N/m rest vertically on
the bottom of a large container of water. A 5,00-kg block of wood
(density = 650 kg/m3) is connected to the spring and the block-spring
system is allowed to come to static equilibrium. What is the extension
(∆L) of the spring? [0,165 m]

17. **Soms is dit belangrik om te weet of 'n ondeursigtige voorwerp 'n holte bevat (sonder om dit oop te maak of X-
straal foto's te neem). 'n Stuk lood, met digtheid van 11,3 x 103 kg m-3, se gewig is 62,3 N in lug. Wanneer
hierdie stuk lood geweeg word terwyl dit onder water, met 'n digtheid van 1,00 x 103 kg m-3, hang, weeg dit
56,3 N. Neem aan dat die stuk lood 'n holte bevat en bepaal die volume van hierdie holte.
**Sometimes it is important to know whether an opaque object contains a cavity (without cutting it open or taking
X-ray photographs). In air a piece of lead, density 11,3 x 103 kg m-3, has a weight of 62,3 N. When this piece of
lead is weighed while it is submerged under water, density 1,00 x 103 kg m-3, it weighs 56,3 N. Assume that the
piece of lead contains a cavity and determine the volume of this cavity. [4,92 x 10-5 m3]
Pb
18. **'n Hout kubus (digtheid 650 kg m-3, sylengte 20,0 cm) dryf op water. Watter
massa lood (digtheid 11,3 x 103 kg m-3) kan bo-op die blok geplaas word voordat
dit net-net sal sink?
**A wooden cube (density 650 kg m-3; side 20,0 cm) floats in water. What mass Hout /
of lead (density 11,3 x 103 kg m-3) may be placed on top of the block before it will Wood
start to sink completely? [ 2,8 kg ]
Water

19. *'n Pyplyn vervoer gas met 'n digtheid van 0,900 kg m-3 teen 'n tempo van 1,00 kg s-1. Die deursnit van die pyp
is 35,0 cm. Wat is die gemiddelde spoed waarteen die gas in die pyplyn beweeg?
*A pipeline transports gas with a density of 0,900 kg m-3 at a rate of 1,00 kg s-1. The diameter of the pipe is 35,0
cm. What is the average speed at which the gas is moving in the pipeline? [ 11,5 m/s ]

3
20. *Water wat deur 'n tuinslang vloei met 'n deursnee van 2,74 cm, vul 'n emmer van 25,0 liter in 1,50 min. (a) Wat
is die spoed van die water wat by die end uitkom? (b) 'n Verkleinende spuitkop word nou aan die end van die
tuinslang aangebring. Indien die deursnee van die spuitkop 'n derde van die deursnee van die tuinslang is, wat
is die spoed van die water wat die spuitkop verlaat?
*Water flowing through a garden hose of diameter 2,74 cm fills a 25,0-litre bucket in 1,50 min. (a) What is the
speed of the water leaving the end of the hose? (b) A reducing nozzle is now attached to the end of the hose.
If the diameter of the nozzle is one-third the diameter of the hose, what is the speed of the water leaving the
nozzle? [4,71 x 10-4 m/s; 1,41 x 10-3 m/s]

21. *'n Suier dryf water deur 'n groter silinder, met 'n radius van 1,00 cm, in 'n kleiner buis met 'n radius van 1,00
mm. Die water verlaat die end van die kleiner buis teen 14,0 m/s. (a) Gegee die deursnit areas van die silinder
en buis, bepaal die spoed waarmee die suier gedruk moet word. (b) Wat is die druk wat by die groter silinder
benodig word? (c) Bereken die krag wat op die suier uitgeoefen moet word om die gewenste waterspoed te
gee. 𝑣𝑣2 = 14,0 𝑚𝑚/𝑠𝑠

𝐴𝐴1 𝐴𝐴2
𝐹𝐹⃗

𝑣𝑣1

*A piston drives water through a larger cylinder, with radius 1,00 cm, into a smaller tube of radius 1,00 mm. The
water leaves the end of the smaller tube at 14,0 m/s. (a) Given the areas of the cylinder and tube, determine
the speed at which the piston must be moved. (b) What is the pressure needed at the larger cylinder? (c)
Calculate the force that must be exerted on the piston to achiev the desired water speed.
[(a) 0,140 m/s; (b) 1,11 x 105 Pa; (c) 34,8 N ]

* Kontinuïteits vergelykings en Bernoulli / Continuity and Bernoulli.


**Archimedes se beginsel / Archimedes' principle

Das könnte Ihnen auch gefallen