Sie sind auf Seite 1von 3

10/17/22, 7:39 PM OneNote

Onderwerp 2.3 
Monday, August 22, 2022  3:20 PM 

Leereenheid 1: Inleiding tot administratiefreg 


Onderwerp 2.3: Hersieningsgronde 
 
1. Wat is die verskil tussen appel en hersiening 
• Het te doen met die skeiding v magte – howe kan nie inmeng 
• Vra nie of dit die korrekte besluit was nie – maar was dit wettig? 
• Hersiening: hoe word die besluit geneem en voldoen dit aan wetgewing? 
• Appel: Was die korrekte besluit geneem? 
• Almal kan die hof nader om 'n aksie te hersien 
• Howe het nie mandaat om elke appel aan te hoor nie (tensy wetgewing dit toelaat) 
• Bato Star Fishing (Pty) Ltd-saak (spesifiek ken): Formele vs substantiewe reg nou deel v
hersieningsfunksie, maar onderskeid tussen appel/ hersiening steeds belangrik 
-Hof moet nie inbreuk maak op funksies v administrateurs 
 
   1.2 Geregtelike hersiening 
• Word gevestig in Consolidated Investment-saak (nie leer)  
• Pharmaceutical Manufacturers-saak (nie leer) bevestig grondwetlike status v administratiewe
aangeleenthede – lees bl 131-132 
• Geregtelike hersiening is die toepassing v A 33 
• As PAJA nie ter sprake is nie – kan dit steeds hersien word ingevolge beginsel v legaliteit 
 
2.  Hersieningsgronde: A 6(2) van PAJA is jou spyskaart 
• Daar is 3 ingevolge A 33 en PAJA 
• Die 3 is nie logies saam gegroepeer in PAJA nie 
• Onthou: soms kan dit 'n administratiewe handeling wees, maar PAJA is nie betrokke nie want daar
is reeds ander wetgewing v toepassing 
• Hier fokus ons egter net op PAJA 
 
   2.1 Hoe kan ons hersien? 
1) Ingevolge PAJA (en wanneer ons weet dit is 'n administratiewe handeling) 
2) Ingevolge wetgewing (bv: Arbeidsreg) 
3) Direk ingevolge A 33 
4) Ingevolge gemenereg 
5) Ingevolge die legaliteitsbeginsel (openbare optrede maar nie 'n administratiewe handeling nie) 
 
   2.2 Interne remedies 
• A 7(2) v PAJA 
• Onderhewig aan subartikel (c), sal geen hof/ tribunaal 'n administratiewe handeling kragtens
hierdie wet hersien nie tensy enige interne remedie waarvoor enige ander reg voorsiening maak,
eers uitgeput is 
• (c) 'n Hof/ tribunaal mag , indien in belang v geregtigheid, in buitegewone omstandighede en op
aansoek v d betrokke persoon, sodanige persoon vrystel v d verpligting om eers enige interne
remedie uit te put 
• A 7(2) slegs v toepassing op spesifieke remedie: 
1) Remedies soos vervat in wetgewing (Regulasies is ook v toepassing) 
2) Die betrokke remedie moet v toepassing wees op die betrokke administrateur 
3) Die remedie moet beskikbaar wees aan die klaer en moet effektief wees 
4) As daar voldoen word aan die bogenoemde vereistes moet die klaer dit eers gebruik voor PAJA
oorweeg word 
 
3. Deference/ respek: tussen howe en administrateurs 
• Verhouding tussen die howe en die administrateurs 
• Howe moet administrateurs respekteer en kundigheid erken 
• Skeiding v magte 
• Sien Hoexter se kommentaar bl 140 
• Omstandighede moet ook in ag geneem word – prakties en finansieel 
• Inmenging moet versigtig oorweeg word 
• Sien kritiek bl 141-142 
 
Onderwerp 2.3: Redelikheid 
1. Inleiding 
• Redelikheid: 2 redes vir kontroversie 
1) Skeiding v magte: regters besluit nie oor die meriete v 'n administratiewe besluit nie 
-Regters ook nie gekwalifiseerd om administratiewe besluit te neem nie 
-Verskil tussen appel en hersiening nie altyd duidelik nie 
2) Nie absoluut nie – verskillende grade 
-Konteks en omstandighede is belangrik 
 
2. Redelikheid en verwante hersieningsgronde 
• Redelikheid: 'n besluit sal onredelik wees indien die besluit nie eens is wat deur 'n redelike
besluitnemer sou geneem word nie (Bato Star-saak) 
• Verskillende gronde: 
1) Simptomatiese/ growwe onredelikheid 
2) Rasioneel 
3) Proporsionaliteit 
4) Vaagheid 
5) Redelikheid in die algemeen 
• A 6(2)(h): Die magsuitoefening/ uitvoering v d administratiewe handeling wat oënskynlik deur die
magtigende bepaling, waarkragtens die administratiewe handeling verrig is, toegelaat word, is so

https://onedrive.live.com/redir?resid=71115CDFC150512B%21295&page=Edit&wd=target%28Leereenheid 1.one%7C4b90c60b-4409-40c1-b821… 1/3


10/17/22, 7:39 PM OneNote
onredelik dat geen redelike persoon daardie mag op so 'n wyse sou uitoefen/ administratiewe
handeling op daardie wyse sou verrig nie 
 
   2.1 Simptomatiese of growwe onredelikheid 
• Gemenereg: staat gemaak op klassifikasie v funksies benadering 
• Slegs klein kategorie v handeling 
-Wetgewende (Legislative acts) 
-Regterlike besluite (Judicial decisions) 
-Suiwer administratief: slegs besluit tersyde stel indien daar growwe onredelikheid was 
• Onredelikheid slegs 'n simptoom v ander onreëlmatigheid 
• Na aanleiding v Bato Star Fishing-saak (spesifiek leer) vereis A 6(2)(h) nie growwe of
simptomatiese onredelikheid nie: hoef net onredelik te wees 
• Faktore wat relevant is om te bepaal of besluit redelik is/ nie: 
1) Aard v besluit 
2) Identiteit en kundigheid v d besluitnemer 
3) Verskeidenheid faktore relevant tot besluit 
4) Redes vir besluit 
5) Aard v d mededingende belange 
6) Die impak v d besluit op diegene wat betrokke is 
 
   2.2 Rasioneel (baie belangrik) 
• A 6(2)(f)(ii) bepaal:  
-Nie rasioneel verband hou met- 
(aa) die doel waarvoor handeling verrig is nie 
(bb) die doel v d magtigende bepaling 
(cc) die inligting tot die beskikking v d administrateur nie 
(dd) die redes wat die administrateur vir die verrigting v d handeling aangevoer het nie 
• Wat is die verskil tussen om rasioneel op te tree of redelik op te tre? 
-Verskillende gronde v hersiening in PAJA 
-Konseptueel beteken die twee konsepte nie dieselfde nie 
-Irrasionele besluite sal nooit redelik wees nie 
-'n Besluit kan egter rasioneel wees, maar nie redelik nie 
-Vorm deel v redelikheid 
  
   2.2.1 Rasioneel en legaliteit 
• Legaliteit vereis dat die optrede v d besluitnemer rasioneel moet wees 
• Onderskei tussen die verskillende benaderings rakende die toets vir rasionaliteit 
 
   2.2.2 Rasionaliteit van prosedure 
• Rasionaliteit fokus gewoonlik slegs op die besluit 
-Maar wat v d prosedure/ proses? 
• DA v President of the Republic of SA 
-3-fase toets wanneer sekere faktore geignoreer was: 
1) Was die faktore relevant? 
2) Is die ignorering v d feite rasioneel met betrekking tot die doel v d mag wat toegeken was 
3) Indien nie: is die ignorering v d relevante feite 'n aanduiding dat die proses irrasioneel was en
daarom is die finale besluit ook irrasioneel 
 
3. Proporsionaliteit 
• Nie uitdruklik in PAJA genoem nie 
• Hoe is proporsionaliteit in die Suid-Afrikaanse howe hanteer? 
A) Direk na verwys 
• Roman v Williams: administratiewe optrede moet: suitability, necessity and proportionality 
• Schoonbee and Others v MEC for Education, Mpumalanga and Another 
-fout met skool se finansiële boeke, LUR dank hele beheerliggaam af 
-Hof bevind: onproporsioneel 
• Medirite v South African Pharmacy Council 
-Regulasies uitgevaardig: apteke moet geskei wees v ander geboue 
-Dus waar apteke in supermarkte is: muur moet gebou word om te skei 
-Onproporsioneel 
B) Indirek 
• Ferucci and Others v Commissioner, SARS 
-Verwys na minder drastiese meganismes om doel te bereik 
 
   3.1 Toets vir proporsionaliteit 
• De Ville-saak: 
1) Was die maatstaf geskik/ effektief om die gewenste doel te bereik? 
2) Was die maatstaf nodig in die sin dat daar geen ander wyses was wat minder inbreuk sou
maak op die regte v 'n persoon om dieselfde doel te bereik? 
3) Plaas die maatstaf 'n buitensporige las op die individu wat disproporsioneel is tot publieke
belang? 
 
4. Vaagheid 
• Vaagheid is nie 'n hersieningsgrond wat spesifiek in PAJA genoem word nie 
• Kan moontlik onder A 6(2)(i) val 
• Nie net op wetgewing v toepassing nie, maar besluite ook 
• Alternatief: vaagheid vervat in redelikheid 
• New Clicks-saak het bevind dat vaagheid 'n hersieningsgrond kan wees 
 
5. Redelikheid en respek of terughoudenheid 
• Buigsaamheid/ Terughoudendheid: 
• Sekere omstandighede – moeilik om nie voor te skryf wat die besluit moes gewees het nie 
-Bv: Rasionele besluit 
-Bv: Proporsionaliteit 
• Lei tot die ontwikkeling v d terughoudendheidsteorie (theory of deference) 
-"Deffering to the superior wisdom of administrators where it is appropriate to do so" 
 
https://onedrive.live.com/redir?resid=71115CDFC150512B%21295&page=Edit&wd=target%28Leereenheid 1.one%7C4b90c60b-4409-40c1-b821… 2/3
10/17/22, 7:39 PM OneNote
6. Faktore wat hof moet in ag neem 
• Aard v d besluit 
-Groter ondersoek i.g.v interfering met regte/ eerder as belange 
-Howe ook huiwering om in te meng i.g.v besluite wat verband hou met beleid 
• Identiteit en kundigheid v d besluitnemer 
• Verskeidenheid faktore relevant tot die besluit 
-Komplekse besluite meer v pas vir geregtelike hersiening 
• Die redes vir die besluit 
• Die aard v d mededingende belange 
• Die impak v d besluit op diegene wat betrokke is 
 
 

https://onedrive.live.com/redir?resid=71115CDFC150512B%21295&page=Edit&wd=target%28Leereenheid 1.one%7C4b90c60b-4409-40c1-b821… 3/3

Das könnte Ihnen auch gefallen